1 | Opvoedkunde | Die toekoms van onderrig en leer

2022-01-26

Johan Koekemoer – Hoof van Onderrig & Leer

26 Januarie 2022

Ons hoor deesdae tot vervelens toe van die huidige onderwysstelsel wat steeds geskoei is op die eeue-oue nywerheidsrevolusie. Ons hoor ook dat tegnologie besig is om die wêreld oor te neem en dat die uurglas van ons huidige onderrig besig is om vinnig uit te loop.

Maar hoe presies word ons deur hierdie snelle pas van verandering geraak? Hoe moet ons daaroor dink en wat op aarde kan ons daaraan doen?

Die Skoleondersteuningsentrum krap al vir ʼn geruime tyd lank kop oor hierdie vrae. Ons hou ons vinger stewig op die pols van die jongste wêreldnavorsing, gesels gereeld met kundiges en werk saam met innoverende onderwysers. Die uiteinde hiervan is ʼn prakties implementeerbare onderrig- en leermodel wat antwoorde bied.

* * *

Gesels met ons