deur Johan Koekemoer, Hoof van die Vakvereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers
Oefen konstruktief
Dit is seker die belangrikste stuk advies wat ons vandag vir jou gaan gee. Wiskunde is ʼn praktiese vak, so om bloot formules uit jou kop te leer soos ʼn papegaai, gaan jou nie ver bring nie. Kry ou vraestelle in die hande en werk hulle uit. Vraestelle is beskikbaar op die ʼn verskeidenheid van webwerwe, maar kyk gerus op Markplein en die Departement van Basiese Onderwys. se webtuistes.
Leer uit jou foute
Om vraestelle uit te werk is egter net die eerste stap in hierdie proses. Maak seker jy verstaan waar jy jou foute gemaak het en leer hier uit. Hoe meer jy jou eie foute raaksien, hoe makliker gaan dit vir jou wees om in die eksamen daardie foute te vermy. Die uitwerk van ou vraestelle is meerdoelig. Dit gee jou selfvertroue en dit help jou om baie foute te maak. Hoe meer foute jy maak en daaruit leer hoe beter. Jy moet jou vrees vir foutering tem en dit kan jy net reg kry deur n ingesteldheid te kweek van uit jou foute leer.
Gaan verder
Moenie net stop by dit wat jy in die klaskamer kry nie. Gaan verder, lees meer en kyk op die internet wat doen ander mense. Daar is verskeie aanlyn video’s waarna jy kan kyk en indrukwekkende speletjies en apps wat jy kan aflaai om wiskunde verder te neem as jou handboek.
Bou ʼn woordelys
Een baie praktiese ding wat jy kan doen is om ʼn woordelys op te stel van moeilike konsepte en terme in wiskunde en seker te maak jy verstaan al die terme. Skryf dit neer en gaan dit gereeld deur.
Maak seker jou leeromgewing ondersteun leer.
Die waarde van ʼn skoon lessenaar moet nie onderskat word nie. Maak ook seker jy het ʼn definitiewe leerarea waar jy kan fokus op jou werk. Wanneer jy moeg is, stap weg van die spasie en gaan ontspan in ʼn ander area. Luister gerus ook na musiek, veral barokmusiek
Bly positief
Deur die eksamen met ʼn positiewe gemoed aan te pak kan werklik ʼn groot verskil in jou uitslae maak. Maak die doelbewuste besluit om die werk goed te leer en te verstaan (in teenstelling met net om dit te leer om die toets te slaag). Jy weet nooit, dalk verras wiskunde jou.
Bestuur jou tyd
Tydens die eksamen is mens geneig om uit tyd uit te hardloop. Gebruik jou 10 minute leestyd en identifiseer die vrae wat jy verseker weet jy suksesvol sal kan voltooi. Begin daarby eerste. Jy mag jou vraestel in enige volgorde antwoord so jy mag begin by vraag 6 en dit opvolg met vraag 10. As jy ’n vraag nie kan antwoord nie beweeg dan aan, moet nie tyd daarop mors nie.
Ontvang ons nuusbrief
Die artikel is geskryf deur Johan Koekemoer, Hoof van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW)
Die VAW.is die enigste Afrikaanse beroepsvereniging vir wiskunde-onderwysers. Kortkursusse, eendagkursusse en twee- of driedagkongresse is deel van die dienste wat die VAW bied.
Individuele lidmaatskap per onderwyser per jaar (skool betaal) – R239 Individuele lidmaatskap per onderwyser per jaar (betaal self) – R409. Lidmaatskap: Slegs vir onderwysers verbonde aan ’n skool, tuisskoolouers, studente en onderwysassistente.
Studente en onderwys-assistente mag gratis aansluit.
VOORDELE VAN LIDMAATSKAP:
- Alle hulpbronne soos werkkaarte, toetse en eksamenvraestelle per vakverenigings waar individue aangesluit het.
- Toegang tot die SOS se onderwyser-portaal met alle voordele wat daardeur aangebied word.
- Gratis bywoning van middagseminare (waarde – R250 per seminaar).
- Gratis aanlyn SARO-kursusse(SACE) (waarde – R200 per kursus).
- Afslag by kongresse (waarde – R300 per dag).
- Voordele vir die Skoleondersteuningsentrum-verteenwoordiger (SOSV): gratis lidmaatskap by een vakvereniging en afslag by die kongres (waarde – R500 vir die kongres en R200 vir lidmaatskap).