Blog

Gratis gestandaardiseerde Wiskunde eksamenvraestelle met memorandums

Oktober 2019

Hoërskole in Suid-Afrika het danksy die matriek-eindeksamen elke jaar die geleentheid om hulself akademies met ander skole te vergelyk. Skole en die verskillende departemente kan elke jaar aanpassings maak n.a.v.  hul relatiewe prestasie in gestandaardiseerde eksamens – ’n luuksheid wat laerskole nie het nie.

Daarom het die Skoleondersteuningsentrum (SOS) in November 2018 die eerste Gestandaardiseerde Wiskunde-eksamen vir Graad 4, 5 en 7 by 43 skole regoor die land van stapel gestuur om aan laerskole die geleentheid te gee om hulself op ’n nie-bedreigende manier aan hul eweknieë te meet.

Die SOS, wat talle opleidingsgeleenthede bied vir wiskunde-onderwysers deur die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW), gebruik dan ook hierdie projek vir navorsing om leerders se wiskundige leemtes te identifiseer en opleiding deur die SOS dienooreenkomstig aan te pas.

Die vraestelle van 2018 kan hier bekom word ter voorbereiding van die 2019 gestandardiseerde eksamen

Gebruik nou die koepons tydens betaling vir die onderskeie produkte (met 100% afslag) op Die Markplein en bespaar altesaam R 750 !

(Gratis koepons slegs geldig vir ‘n bepaalde tydperk)

Graad 4

Gratis vraestel met memorandum ter waarde van R 250.00
Gebruik koeponkode:  GS_Gr4

Graad 5

Gratis vraestel met memorandum ter waarde van R 250.00
Gebruik koeponkode:  GS_Gr5

Graad 7

Gratis vraestel met memorandum ter waarde van R 250.00
Gebruik koeponkode:  GS_Gr7


Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
[gravityform id=36 title=false description=false ajax=true tabindex=49]