Dis eksamentyd en die Skoleondersteuningsentrum (SOS) bied ondersteuning aan leerders, ouers en onderwysers om gehalte-onderrig aan Afrikaanse leerders te help verseker!
Die SOS sorg voorts dat enige onreëlmatighede tydens die matriekeksamen behoorlik deur die owerhede aangespreek word. Rapporteer asseblief dadelik enige eksamen-onreëlmatigheid by [email protected].
Goeie nuus! Voorbeeld-memorandums van die twee Wiskunde-vraestelle, wat tydens die pas afgelope matriekeksamen geskryf is, is hier beskikbaar. Die voorbeeld-memorandums vir Wetenskap, Rekeningkunde en Afrikaans word tans opgestel en sal ook binnekort op die SOS se webtuiste (https://skole.co.za) geplaas word.