Die volgende Beheerliggaampos is tans beskikbaar vir aanstelling op 1 Januarie 2020.
Skool: Hoërskool Wesvalia, Klerksdorp, Noordwes
Medium van onderrig: Afrikaans
Kandidate moet gemotiveerd wees, die skool se visie, missie en etos onderskryf en bereid wees om op buite-kurrikulêre gebied effektief betrokke te wees.
Die volgende sal as aanbeveling dien vir die geadverteerde pos:
- Ervaring in die aanbied van die vak op sekondêre onderwysvlak
- Opleiding in afrig en/of skeidsreg van sport of kultuuraktiwiteite
- Goeie vak- en ander administratiewe vaardighede
- Kennis en ervaring van klaskamertegnologie en rekenaarvaardigheid
Rig aansoekvorm (by skool beskikbaar; tel 018-468 1023), volledige CV, gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies, ID-dokument, SARO-registrasie, 2 x referente en ander relevante inligting aan:
Die Skoolhoof
Hoërskool Wesvalia
E-pos: [email protected]
Sluitingsdatum: 8 November 2019 om 14:00
Indien u teen Donderdag, 14 November 2019 geen inligting vanaf die skool ontvang nie, beskou asb u aansoek as onsuksesvol.
Pos beskikbaar:
- Engels eerste addisionele taal graad 8 – 12