Blog

Nuusbrief 2019-11-14: ’n Opwindende 2020 van groot, positiewe veranderinge lê voor!

Die aflegging van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se jaarlikse gestandaardiseerde Wiskunde-eksamens vir Graad 4 tot 9 vind tans plaas. Danksy hierdie eksamen sal 110 ingeskrewe skole die stand van Wiskunde-kennis onder 30 000 deelnemende leerlinge kan bepaal. ’n Volledige verslag oor die resultate sal aan die begin van 2020 uitgereik word en die SOS sal vervolgens sy lede help om probleemareas aan te spreek.

Die beplande Algemene Onderwyssertifikaat vir graad 9’s wat pas deur die Minister van Basiese Onderwys (DBO), Angie Motshekga, aangekondig is, sal met die beplanning van volgende jaar se gestandaardiseerde SOS-eksamens in ag geneem word. Hierdie onderwyssertifikaat is deel van ‘n nuwe inisiatief wat verreikende gevolge vir Suid-Afrikaanse onderwys mag inhou. Die SOS lewer binnekort kommentaar op die interim kurrikulumwysigings wat bedoel is vir implementering vanaf Januarie 2020. Die DBO se KABV-wysigings is hier beskikbaar.

Met die matriekeksamen in volle swang, het die SOS ook uitgewerkte voorbeeld-antwoordstelle aan sy lede besikbaar gestel. Dit sal binnekort vir die breë publiek verkrygbaar wees op https://skole.co.za/.

Die immergewilde SOS-matriekverslag sal weer ná die uitslae en voordat die skole begin in 2020, vrygestel word. Sedert 2015 reik die SOS jaarliks ‘n omvattende matriekverslag uit waaraan skole hulself kan meet en die stand van Afrikaanse onderwys bepaal kan word.

Beplan dus solank jou professionele ontwikkeling vir 2020 en laai die program vir SOS-opleidingsgeleenthede hier af. As jy nog nie lid is nie, sluit nou aan. Jy kry groot afslag op werkswinkels, seminare en kongresse tesame met toegang tot eksklusiewe materiaal en aanlyn-opleidingsgeleenthede.

Om die jaar behoorlik af te sluit, bied die SOS se Leierskapsvereniging ‘n Hoofde-ontbyt aan op Donderdag, 21 November 2019 te Klein Kaap in Centurion. Die tema is: Planne vir gesonde skoolfinansies. Kontak asseblief vir Alida vir meer inligting. Onderwerpe onder bespreking:
•    Aanbevelings vir gesonde selfbestuur.
•    Belastingvoordeel vir die skool as werkgewer.
•    Slim planne vir die bestuur van munisipale koste.
•    Handelsmerk en volhoubare inkomstestrome.

Gaan loer ook gerus in by Die Markplein, dié bymekaarkomplek om VRAESTELLE en ander STUDIEMATERIAAL te KOOP en te VERKOOP. Daar is onlangs verskeie Wiskunde-dokumente vir Graad 7 opgelaai!

Die SOS-span

Waardegerigte onderwys is kern tot seksonderrig
 
Lees meer…
Sentralisering van 2020-toelatings veroorsaak benadeling van leerders
Lees meer…
Die Robotika-vereniging word nou “Japie” genoem
 
Lees meer…
Twitter
Facebook
Link
Website
Wil jy verander hoe jy ons e-posse ontvang?
verander hoe jy e-posse ontvang or teken uit.

Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
[gravityform id=36 title=false description=false ajax=true tabindex=49]