Promosie-artikel
Met slegs ‘n paar dae oor voordat matrikulante en Graad 7’s terugkeer skool toe, is dit belangrik om seker te maak jou skool het alles in plek om jou ouergemeenskap, personeel en leerders ingelig te hou oor die beste praktyk om jou skool weerbaar teen Covid-19 te maak en te hou.
Benewens diepskoonmaak, handsaniteerder, maskers, termiese skandeerders en so meer, is dit baie belangrik om inligtingsmateriaal in en om die skool op te sit om ’n deurlopende bewustheid van gevare en proaktiewe stappe te verseker.
Aksent Media, die Skoleondersteuningsentrum se voorkeurverskaffer van grafiese ontwerp en drukdienste, het pragtige en uiters nuttige inligtingsmateriaal ontwikkel waarby skole baat kan vind. Aksent Media lewer uitstekende diens en gehalte en ons raai skole met vrymoedigheid aan om dié nuttige inligtingsmateriaal, natuurlik soos elke skool se unieke finansiële posisie toelaat, aan te koop.
Die materiaal wat gebied word, sluit in:
- Sosiale distansiëring-plakkers – in kantore, asook klasse en op die terrein
- Plakkate vir binnenshuise gebruik en correxborde vir in en om die terrein:
- Maak só met jou masker – die moets en moenies van ’n gesigmasker/-skerm
- Vyf goue reëls – die vyf belangrikste dinge om te doen om Covid-19 hok te slaan
- Was só jou hande – duidelike stappe om behoorlik hande te was
- Sosiale afstand – waarskuwing dat 1,5m-afstand gehandhaaf moet word
- Optrekbaniere – 2m optrekbaniere wat op strategiese plekke geplaas kan word en duidelik sigbaar is.
Die ontwerpe word spesiaal volgens elke skool se unieke behoeftes aangepas (hoërskool of laerskool) en kan volgens die skool se korporatiewe identiteit (kleur en skoolwapen) asook taalvoorkeur sakpas gemaak word. Aksent Media lewer boonop landwyd af.
Doen gerus vandag nog navraag en bemagtig jou skoolgemeenskap met die regte inligting in jou hartstaal!