Die Virseker Trust glo in gehalte onderwys – daarom ondersteun hulle lankal reeds Die Wolkskool, maar vanjaar wil hulle ouers by staan deur R30 000 vir ʼn kind se skoolgeld by te dra.
Danksy die ondersteuning van getroue polishouers kan die Virseker Trust bydra tot die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), om Die Wolkskool, bekostigbaar aan alle leerders te kan bly bied. Om dankie te sê, gee ons jou die kans om R30 000 te wen, wat aan die skoolfonds van jou kind se skool oorbetaal word.
Al wat jy hoef te doen om in aanmerking te kom, is om by Die Wolkskool te registreer en ‘n Virseker-kwotasie aan te vra. As jy ‘n bestaande Virseker-kliënt is, hoef jy net by die Wolkskool te registreer om in aanmerking te kom en as jy ‘n kliënt is wat reeds geregistreer is, kom jy outomaties in aanmerking.
Met Die Wolkskool se kort video’s en kerninhoud, assesserings en werkboeke vir Graad 1 tot 12, het almal nou toegang tot wêreldklas, bekostigbare, ekstra klasse deur uitstekende onderwysers teen ʼn fraksie van die koste – en dit boonop in Afrikaans!
Die Wolkskool se lesse bestaan uit kort en kragtige video’s wat die kerninhoud van ‘n onderwerp saamvat, ‘n werkkaart en ‘n assessering. Inhoud is gebaseer op die KABV-kurrikulum van Suid-Afrika en daar is reeds meer as 3000 volledige lesse vervaardig in 22 vakke kernvakke.
Die Wolkskool maak dit moontlik vir kinders om teen hul eie pas ʼn les weer en weer te kyk, tot hulle dit deeglik onder die knie het en bied ook ʼn assessering na elke les om kinders se kennis te toets. Jy as ouer ontvang elke week ʼn verslag wat jou kind se vordering bevat en kan self ook na die video’s kyk om jou kind te kan bystaan met moeilike vrae.
Kinders, wat graag wil hersiening doen oor vorige jare se werk, kan maklik teruggaan en vorige grade deurgaan en wanneer ʼn kind goed vorder, kan hy/sy selfs na ʼn volgende graad gaan.
Daar is reeds meer as 4 900 onderwysers op Die Wolkskool geregistreer. Ouers en leerders kan help om die skool te ondersteun deur dit nou reeds te begin gebruik, om deurlopend voorbereid te wees vir jou klas, om vinnig en deeglike hersiening te doen en ʼn reuse-akademiese sukses van 2021 te maak.. Dis waarom ons ‘n beroep op jou doen om ‘n bydrae te maak en terselfdertyd jou kind se skoolfonds ‘n hupstoot te gee.