Blog

Beproefde program om selfdissipline te ontwikkel

Geborg deur Discipline Developers

Oral in ons land sien ons daagliks die groterwordende gevolge van ‘n ernstige gebrek aan selfdissipline.  In skole, onder leerders, onderwysers en ouers is die probleem ewe groot.  Dieselfde gebeur by die werkplek, in huishoudings – werklik oral.  Die groot bekommernis is dat daar tot dusver geen program is om hierdie probleem op groot skaal aan te spreek nie.

Daarom het Discipline Developers, onder leiding van die gesoute opvoedkundige, dr. Dries de Kock, na baie jare se navorsing ‘n self-evalueringsinstument ontwikkel wat die probleem aanspreek.  Hierdie program lewer drasties beter resultate as enige ander vergelykbare program.  Inteendeel, dis die enigste opvoedkundige program vir die ontwikkeling en herbou van self-dissipline ter wêreld.

Die program behels die volgende:

  • Self-evaluasie – identifiseer probleem-areas.
  • Remediëring – nuwe denkpatroon word verduidelik.
  • Herevaluasie – om die vordering van die nuwe denkpatroon te bepaal.

Wat hierdie program uniek maak, is dat dit die uitslae deursigtig is vir belanghebbendes in die kind se opvoeding.  Volgens dr. De Kock is dit so eenvoudig en effektief soos wanneer jou mangels uitgehaal word:  “Daarna sal jy nooit weer mangelontsteking as rede vir jou ongesteldheid kan aanvoer nie”.  Nie net weet belanghebbendes dat die kind die vraelys voltooi het nie, maar hulle kan ook die kind direk aanspreeklik hou vir ongedissiplineerde optrede.  Kinders hét die kursus gedoen, daarom weet hulle presies wat van hulle verwag word.  Dit maak dus nie saak wat die uitslag van sy evaluasie was nie, die kinders self het genoeg riglyne gekry waarvolgens hulle selfdissipline gestruktureer moet wees.  Dit vul die gedragskode van enige skool aan, deur ‘n afdwingbare riglyn te gee wat die kind se innerlike dissipline aanspreek.  Dit is ook waarom uitslae, net soos by IK-toetse, konfidensieël gehou moet word, anders kan kinders deur die breë, onprofessionele publiek teen mekaar afgespeel word.

Verdere inligting:

  • Die vraelys maak voorsiening vir Graad 1 tot en met volwassenheid.
  • Vir alle oudersdomsgroepe is dieselfde boustene om selfdissipline te ontwikkel van toepassing.
  • Vyf opvoedkundige velde word gedek: familie, vriende, norme & waardes skool/werk en gesondheid), waarbinne 33 Opvoedkundige Boustene hanteer word om bykans die volle spektrum van gebalanseerde menswees in te sluit.
  • ‘n Vraelys neem ±2 ure om te voltooi.  Alternatiewelik kan dit in sessies van 2 agtereenvolgende dae opgedeel word.
  • In Afrikaans en Engels beskikbaar.
  • Onderwysers trek groot voordeel deur selfevaluering:  SARO (SACE) het 15 punte aan die program toegeken vir onderwysers se voortgesette professionele  ontwikkeling.
  • Die instrument bevat absoluut geen diskriminasie t.o.v. bv. kultuur, taal, ras, godsdienstige oortuigings, ens. nie.
  • Die sessies (toepassing) word tans slegs deur Discipline Developers gedoen.
  • Die toepassing word in groepsverband of individueel gedoen.
  • ‘n Stelsel kan teen ‘n lae koste per persoon gedoen word.
  • Die stelsel is so ontwerp dat dit onveranderd in die toekoms gebruik kan word wat dit ideaal maak vir die meting van progressie.
  • Ná toetsing oor ‘n hele aantal jare, was daar slegs positiewe resultate en het deelnemers uitstekende skriftelike terugvoer gegee oor hul ervarings van die stelsels.
  • Die resultate is vertroulik en, behalwe vir die deelnemer self, slegs beskikbaar aan professionele persone (indien daarvoor toestemming gegee is).
  • Wanneer iemand egter die stelsel gedoen het en steeds nie saamwerk nie, kan die persoon na ander professionele persone verwys word.
  • Uit ‘n praktiese oogpunt gesien het die skoolhoof en bv. ‘n Graad 11 leerder presies dieselfde program gedoen.  Hulle weet nie wat mekaar se uitslae was nie, maar wanneer die skoolhoof die leerder moet aanspreek oor sy self-dissipline, kan daar op presies dieselfde vlak kommunikeer word.

“As Test Developers, Jopie van Rooyen and Partners (Pty) Ltd, we would like to commend you on the work that you are doing, and have been doing, with the relevant assessments and remedial tools that you developed.  In particular, we applaud your efforts and vision towards making these tools available to the broader community, to people who might not otherwise have had access to such resources.  Through your diligent and persistent striving, you have successfully managed to take education to those sectors in society where it is perhaps needed most”.

Indien enige probleme in ons land op klein- of groot skaal verander moet word na ‘n suksesverhaal, is selfdissipline die vertrekpunt.  Kom ons doen dit!

Vir meer omvattende inligting:
Dr. Dries de Kock (D.Ed)
[email protected]
Sel: 0832282245