Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) bied geleentheid vir skole om te bepaal of hulle die impak van COVID-19 afgeskud het deur deel te neem aan die 2022 Gestandaardiseerde Eksamen (GSE). Vanjaar se GSE fokus op Afrikaans, Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid.
Die GSE is ‘n gestandaardiseerde eksamen wat dit vir skole moontlik maak om hulself aan hul eweknieë te meet. Die eksamen word sedert 2018 jaarliks deur meer as 30 000 leerders geskryf.
Laer- en hoërskole kan vanjaar by die GSE baatvind in Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid en Afrikaans Huistaal.
Die GSE bied vraestelle vir hoër- en laerskole aan:
- Wiskunde (Graad 4 tot 11)
- Wiskundige Geletterdheid (Graad 10 en 11)
- Afrikaans Huistaal (Graad 4 tot 11)
LW. Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid se vraestelle is in Afrikaans sowel as in Engels beskikbaar.
Koste:
- R500 administrasiefooi per skool
- R1600 per skool, per vak – alle grade ingesluit*
*Skole wat betrokke is by SOS-verenigings en Die Wolkskool kry tot en met 93%-afslag.
Eksamenrooster
Om integriteit van die GSE te verseker, word die vraestelle volgens ʼn vaste rooster geskryf. GSE 2022 se eksamendatums is:
Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid
- Graad 4 en 6
- Vraestel 1 – 17 November 2022
- Vraestel 2 – 21 November 2022
- Graad 5 en 7
- Vraestel 1 – 14 November 2022
- Vraestel 2 – 24 November 2022
- Graad 8 en 10
- Vraestel 1 – 11 November 2022
- Vraestel 2 – 14 November 2022
- Graad 9 en 11
- Vraestel 1 – 4 November 2022
- Vraestel 2 – 7 November 2022
Afrikaans
- Graad 4 en 6
- 23 November 2022
- Graad 5 en 7
- 16 November 2022
- Graad 8 en 10
- 16 November 2022
- Graad 9 en 11
- 9 November 2022
Die GSE voldoen aan alle KABV- en Hersiene JOP-voorskrifte soos fokusareas, kognitiewevlakke, tydsduur en moeilikheidsgraad. Die gehalte van die vraestelle is wêreldklas met kundige en ervare onderwysers wat as eksaminators, moderators en vertalers op te tree.
Na afloop van die GSE sal deelnemende skole van memorandums voorsien word, om self hul leerders se vraestelle na te sien en eerstehands sterkpunte en moontlike fokusareas wat aandag benodig te identifiseer. GSE punte van deelnemende skole moet teen einde November 2021 aan die SOS deurgegee word vir verwerking in die SOS se jaarlikse Nasionale GSE-verslag. Die verslag bevat die anonieme resultate en sal met alle deelnemende skole gedeel word.