Gespreksleier: Johan Koekemoer
Gespreksgenote: Charlotte Fourie en André Badenhorst

Die aanbieders van die reeks Podvoeding, Charlotte Fourie, Johan Koekemoer en André Badenhorst, vat die afgelope seisoen se episodes saam in ʼn heerlike gesprek.
Hulle neem die luisteraar op ʼn reis – van die drie groot antieke stede tot diep in die 21ste eeu. Hoe het die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum se onderrig- en leermodel ontstaan, wat is die uitdagings ten opsigte van nuwe konsepte, wat behels die nuwe rol van die onderwyser, waar kom kringonderrig vandaan en watter rol speel Christelike waardes in ʼn toenemend veranderende wêreld?
Skakel na Maroela Media-artikel: https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/luister-nuwe-hoogtes-met-ou-beginsels

Luister na Podvoeding op al die groot platforms!