6 | Kringonderrig | Die Toekoms van Onderrig en Leer

Johan Koekemoer – Hoof van Onderrig & Leer

Krisisse is troumaties, maar tegelykertyd sluit dit nuwe moontlikhede oop. Nie alleen forseer dit ons om te herbesin oor dit wat ons nog altyd as vanselfsprekend aanvaar het nie, maar dit gee ons ook die geleentheid om iets nuuts uit die chaos te skep.

Met onderwys is dít tans die geval. Te midde van plaaslike en internasionale druk stuur Afrikaanse skole goed toegeruste leerders die wêreld in. Ons onderwysers is nie bang vir uitdagings nie en die innoverende oplossings waarmee hulle vorendag kom skep ook baie hoop vir ander.

Kringonderrig is ‘n kragtige en volhoubare oplossing met ongelooflike potensiaal. Kom luister saam na hoe dit ons kan help om die krisisse wat ons daagliks in die gesig staar, die hoof te bied.


Tags


Lees meer...