Welkom by
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) werk om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te verseker deur gehalteonderrig wat reeds bestaan in stand te hou, én waar nodig nuut te bou.
Toekomsgereedheid
Wêreldklas
Innovasie in Onderwys
Wat bied ons
'n Skooltuiste vir en vanuit ons gemeenskap
Wie is ons
Bou aan die toekoms van Afrikaanse onderwys
Die SOS is daartoe verbind om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te verseker. Ons werk om bestaande gehalteonderrig te behou en te versterk, terwyl ons ook daar waar dit nodig is, nuwe geleenthede skep. Deur vennootskappe, innoverende leerplatforms en gemeenskapsbetrokkenheid, bou ons saam aan ‘n sterk onderwysgrondslag wat leerders, onderwysers en ouers landswyd bemagtig en ondersteun.
Vanuit ons ryk erfenis na 'n roemryke toekoms
SOS-netwerkaanbod vir selfstandige skole
Die SOS se netwerkaanbod bied: Die nodige planne, prosesse, stelsels en ondersteuning aan gemeenskappe om selfstandige Afrikaanse skole, in vennootskap met die SOS, te vestig.
- Vestiging van nuwe skole
- Wolkskool as leerbestuurstelsel
- Professionele ontwikkeling
- Unieke Onderrig- en Leermodel
SOS-skenkingsfonds
Hoekom ‘n skenkingsfonds?
By die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) droom ons groot – ons streef daarna om Afrikaanse onderwys van wêreldgehalte ‘n werklikheid te maak. Maar hierdie droom kan ons nie alleen bereik nie. Dit vra samewerking en ondersteuning vanuit die gemeenskap.
Met jou skenking help jy om ‘n verskil te maak. Jou bydrae is nie net tot voordeel van onderwys nie; dit is ‘n belegging in die toekoms van ons kinders, ons gemeenskap en ons taal. Jou ondersteuning verseker dat ons saam bou aan ‘n sterker, beter toekoms waar Afrikaanse onderwys opnuut nuwe hoogtes bereik.
Kontak ons
As jy enige vrae het of meer inligting oor die SOS benodig, vul gerus ons kontakvorm in. Ons span is gereed om jou te help en enige navrae so spoedig moontlik te beantwoord. Ons sien uit daarna om saam met jou te werk en die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys verder te bou.