

Agtergrond
Sedert 2012 tot 2020 is daar nasionaal jaarliks 100 minder skole in Suid-Afrika, terwyl die aantal leerders in die land met byna 100 000 leerders per jaar toeneem.
Druk op Afrikaanse skole neem toe om te verengels. Slegs 1 303 van die ongeveer 25 000 skole in die land is nog Afrikaanse enkelmediumskole – 15% minder as in 2012 toe daar 1 531 was.