fbpx
  • Home
  • Sluit 2020 af op ‘n hoogtepunt: Afriforum Jeugkamp vir gr 8-12

Sluit 2020 af op ‘n hoogtepunt: Afriforum Jeugkamp vir gr 8-12

Jeug Desemberkamp 2

0 comments

deur Riaan Jacobs: Nasionale koördineerder van Afriforum Jeug

Met die koronakrisis wat stadig maar seker oorwaai bied Afriforum Jeug weer ‘n gewilde jeugkamp in Desember aan.

JaagEnSwem

Volgens Riaan Jacobs is die kamp elke jaar ‘n ongelooflike ervaring. Kinders vanaf graad 8-12 kry hierdie jaar die geleentheid vir die avontuur van hul lewe. “Ons swem gereeld in riviermond en in die see (ja ons spring selfs van die hawemuur af in die see!).

Hawemuur

Die gewildste aktiwiteit is natuurlik die heerlike avontuurlike stap langs die see waar ons groot vuurmaak, lekker kuier, braai en sommer net daar op die strand slaap onder die helder naghemel met die klanke van bruisende branders.

Seestap

Dan is daar ‘n berguitstappie vir die ongelooflikste uitsigte en die saam swaarkry!

Uitsigte

Maak lewenslange vriende by die talle strandspeletjies, kampvuurgesprekke. Die kamp het ‘n Christelike inslag en in die natuurskoon raak ons ook stil in die teenwoordigheid van die Here.

OntspanNaStap

Daarby word daar leierskapvaardighede gekweek deur fantastiese mense. Ons doen spanbou, basiese debatsopleiding, kommunikasievaardighede en groepwerk.

Jeug Desemberkamp 2

Skryf vandag nog in om jou plek te verseker. Die spotgoedkoop R 1 100 per leerder sluit akkommodasie, alle aktiwiteite en drie etes per dag in.

Voltooi die inskrywingsvorm en e-pos dit saam met ‘n bewys van betaling aan Riaan Jacobs by [email protected].

Terwyl ons die visionêre leiers van die GRA uit 1875 eer, staan GeRAT vandag as ‘n simbool van daardie erfenis, waar ons passie vir Afrikaans en sy kultuur voortduur. Deur op hierdie geskiedenis te bou, aanvaar ons die plig om die hart van Afrikaans vir toekomstige generasies te bewaar en te versterk en, 145 jaar later, bly ons standvastig en toegewyd aan die taal en kultuur wat ons so liefhet.

About the Author

Follow me


{"email":"Email address invalid","url":"Website address invalid","required":"Required field missing"}