fbpx

AfriForum stel bekend: Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie

111454662 3384858954879313 8407677432210017885 o

Met die dat skole weer vir vier weke gesluit is, is dit dalk nou die tyd vir leerders om te kyk na Afriforum se Besigheidsbytjies – ’n kompetisie vir junior entrepreneurs.

AfriForum Netwerk en AfriForum het in 2019 besluit om saam te werk en ’n kompetisie – Besigheidsbytjies – vir junior entrepreneurs van stapel te stuur.  Vanjaar is daar besluit om die kompetisie verder uit te brei sodat hoërskole ook aan die entrepreneurskompetisie kan deelneem.

DIE DOEL

Die doel van hierdie kompetsie is om jong kinders se entrepreneursvaardighede van vroeg af te ontwikkel. AfriForum glo die Besigheidsbytjies-kompetisie sal ook leerders se leierseienskappe ontwikkel en hulle leer om self verantwoordelikheid te neem om hul unieke en innoverende idees uit te voer. Dit sal hulle ook aanmoedig om ’n verskil in die samelewing en in ons land te maak. Ons kinders is immers die leiers van die toekoms en hulle kan hoop skep deur van jongs af aan hul toekoms te bou.

WIE KAN INSKRYF

  • Kategorie 1: Graad 1-3 (7–9-jariges);
  • Kategorie 2: Graad 4-7 (10–13-jariges);
  • Kategorie 3: Graad 8-9 (14-15-jariges);

Jy kan op jou eie inskryf of in ’n groep (maksimum drie maatjies per groep).

Aansoeke open 1 APRIL 2020 en sluit 30 Oktober 2020. Die wenners sal op 1 Desember 2020 aangekondig word.

HOE WEN JY

Die publiek (jou ma, pa, ouma, oupa en almal waaraan jy kan dink) kry die geleentheid om in die maand November 2020 vir jou te stem. Dus bepaal die publiek die Top 10 wat dan na die finale rondte sal deurdring. Die publiek kan d.m.v. ’n SMS of op www.besigheidsbytjies.co.za vir hul gunsteling entrepreneur stem.

In November 2020 sal die Top 10 aan die publiek bekend gemaak word. Die Top 10-deelnemers se besighede sal dan deur ’n groep kenners beoordeel word wat dan die wenners van die drie kategorieë sal bepaal.

Die wenners sal op 1 Desember 2020 bekendgemaak word.

PRYSE

KATEGORIE 1 (Graad 1-3):

WENNER ontvang R5 000 kontant en ’n Samsung Galaxy-tablet E 9.6 ter waarde van R3 500 vir die leerder of wenspan.

NAASWENNER ontvang R2 500 kontant en ’n koordlose luidspreker (JBL Flip-luidspreker) ter waarde van R1 400 vir die leerder of wenspan.

KATEGORIE 2 (Graad 4-7):

WENNER ontvang R7 000 kontant en ’n Samsung Galaxy-tablet E 9.6 ter waarde van R3 500 vir die leerder of wenspan.

NAASWENNER ontvang R3 500 kontant en ’n koordlose luidspreker (JBL Flip-luidspreker) ter aarde van R1 400 vir die leerder of wenspan.

KATEGORIE 3 (Graad 8-9):

WENNER ontvang R10 000 kontant en ’n Samsung Galaxy-tablet E 9.6 ter waarde van R3 500 vir die leerder of wenspan.

NAASWENNER ontvang R5 000 kontant en ’n koordlose luidspreker (JBL Flip-luidspreker) ter waarde van R1 400 vir die leerder of wenspan.

Besoek Besigheidsbytjies vir meer inligting.

Terwyl ons die visionêre leiers van die GRA uit 1875 eer, staan GeRAT vandag as ‘n simbool van daardie erfenis, waar ons passie vir Afrikaans en sy kultuur voortduur. Deur op hierdie geskiedenis te bou, aanvaar ons die plig om die hart van Afrikaans vir toekomstige generasies te bewaar en te versterk en, 145 jaar later, bly ons standvastig en toegewyd aan die taal en kultuur wat ons so liefhet.


Tags


Lees meer...