Agtergrond

2020

Jaar van groei...

  • Leon Fourie word in Julie aangestel as Uitvoerdende Hoof en die SOS spog met 21 personeellede
  • Webinare in die plek van seminare om Covid-19 te akkommodeer
  • Die omgekeerde klaskamer as nuwe onderrig-leer model as deel van vervlegte leer
  • Die Wolkskool groei na 127 000 leerders
  • Die SOS lei 40 000 mense op (16 000 unieke onderwysers)!
  • Die SOS hou ook hulle eerste virtuele kongres met 469 inskrywings.
2019

Nuwe hoogtepunte...

  • 17 personeellede
  • Die jaarlikse kongres lok 810 onderwysers
  • Eerste kongres word in die Vrystaat gehou
  • Lei meer as 5 000 onderwysers op
  • Die Wolkskool kry sy eerste 1 000 leerders
2018

Eerste Leierskapkongres...

  • Eerste Leierskapkongres as deel van die driedag-kongres by Saint George’s Hotel in Centurion - 732 onderwysers woon die kongres by
  • Eerste internasionale toer vir skoolhoofde na VSA – nege skoolhoofde reis na Atlanta en Universiteit van Georgia
  • In Julie word die SOS 'n aparte instelling, met 'n eie logo en visie
  • Die kantore verskuif vanaf Helpende Hand na die Akademia-gebou in Von Willichstraat met dr. Danie Brink as Besturende direkteur
  • Die SOS kry ook sy eie webwerf nl. skole.co.za
  • Die Onderwysersportaal word opgerig
2017

Die Wolkskool...

  • Groei na 10 personeellede
  • Die Afrikaanse Grondslagfase Vereniging (AGV) word gestig
  • Die SOS-kongres by Leriba Lodge in Centurion lok 490 onderwysers
  • Die Wolkskool projek begin
  • Die SOS lei 2 700 onderwysers op
2016

Nog spesialiste...

  • Die SOS-personeel groei na 7 met nog spesialiste wat aangestel word
  • Daar is baie nuwe fokus op die Kosblikkie en Tassie projekte
  • Die VAW/GeRAT-kongres te Buffelspoort lok 243 persone
2015

Eerste treë...

  • Die Skoleondersteuningsentrum word amptelik in April gestig met Hugo Vermeulen as hoof
  • SOS se tweede vakvereniging vir Afrikaans Huistaal onderwysers (GeRAT) word in September gestig
  • Die Markplein word as nuwe verkoopsplatform op die been gebring
  • Altesaam 1060 onderwysers is lede van die twee SOS-vakverenigings
2014

Nog personeel...

  • Altesaam drie VAW personeel word aangestel
  • VAW hou weer kongres by Buffelspoort naby Rustenburg – 92 Wiskunde-onderwysers
2013

Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers...

  • Die VAW word deur dr. Danie Brink, die Uitvoerende Hoof van Solidariteit Helpende Hand gestig as eerste aksie binne die skole-terrein 
  • Die beweegrede agter onderwys as deel van Helpende Hand is juis dat goeie onderwys en opleiding lei tot die voorkoming van armoede
  • Valentyn van der Merwe is die eerste SOS-aanstelling as Wiskunde spesialis van die VAW
  • Die eerste onderwyskongres van die Beweging vind by Klein Kariba naby Bela-Bela plaas met 37 Wiskunde-onderwysers wat inskryf

Gesels met ons

>