AGV_170x232

Die Afrikaanse Grondslagfase Vereniging (AGV)

Kennis bied hoop aan toekomstige geslagte. Ons by die Afrikaanse Grondslagfase Vereniging weet dat tyd geld is.

Die AGV bied daarom professionele opleiding, in die vorm van middagseminare, webinare en kort kursusse, asook weeklikse beplanning en werkkaarte wat die onderwysers in staat stel om met vars, nuwe idees kennis oor te dra.

Hoof: Marnelda de Beer

Algemene inligting oor die SOS se vakverenigings

Elke vakvereniging het eie bepaalde voordele soos werkkaarte, toetse en eksamenvraestelle met nasienriglyne en word aan lede beskikbaar gestel deur die onderwysportaal (onderwysers.co.za). Sien die lys van SOS-lidmaatskapvoordele onderaan.

Koste van lidmaatskap tot vakverenigings

  • Individuele lidmaatskap per onderwyser per vakvereniging per jaar (skool betaal) – R239
  • Individuele lidmaatskap per onderwyser per vakvereniging per jaar (betaal self) – R409

Lidmaatskap is slegs vir onderwysers verbonde aan ’n skool, tuisskoolouers, studente en onderwysassistente.

Studente en onderwys-assistente sluit aan teen afslagprys per vakvereniging:

  • Skool betaal vir student/onderwysassistent: R116
  • Student/onderwysassistent betaal self: R205

Grondslagfase-onderwysers mag slegs vir een graad aansluit.

VOORDELE VAN LIDMAATSKAP:

  • Toegang tot hulpbronne op die SOS se onderwyserportaal by onderwysers.co.za met alle voordele wat daarmee saamgaan.
  • Gratis bywoning van middagseminare (waarde – R301 per seminaar vir nie-lede)
  • Gratis aanlyn SARO-kursusse (waarde - R201 per kursus vir nie-lede)
  • Afslag by kongresse (sien Nasionale kongres - Gauteng en Streekskongres - Wes-Kaap)
  • Voordele vir die Skoleondersteuningsentrum-verteenwoordiger (SOSV): gratis lidmaatskap by een vakvereniging en afslag van R500 by die kongres.

Vir meer inligting, kontak vir Colette Scott by [email protected].

Sluit vandag aan by die Skoleondersteuningsentrum se
Afrikaanse Grondslagfasevereniging!