AHV_logo_klein

Afrikaanse Handelsvakvereniging (AHV)

Handelsvakke poog om kennis, vaardighede en waardes onder die knie te kry wat leerlinge sal help om ‘n bydrae te lewer tot Suid-Afrika se opwindende sakewêreld.

Die Afrikaanse Handelsvakvereniging (AHV) hou 'n wakende oog oor die nasionale eksaminering. Daarby sorg die gemeenskap  vir die handhawing van onderrigstandaarde en professionele etos wat uniek is aan die vakgebied.

Hoof: Hugo Vermeulen

SOS-verenigings: Algemene inligting

Elke vereniging bied unieke voordele soos werkkaarte, toetse en eksamenvraestelle met nasienriglyne en word aan lede beskikbaar gestel deur die onderwysportaal (onderwysers.co.za). Sien die lys van SOS-lidmaatskapvoordele onderaan.

Koste van lidmaatskap aan verenigings:

  • Individuele lidmaatskap per onderwyser, per vereniging, per jaar: R239

Lidmaatskap is slegs vir onderwysers verbonde aan ’n skool, tuisskoolouers, studente en onderwysassistente.

Studente en onderwys-assistente sluit aan teen afslagprys per vakvereniging:

  • Sudent/onderwysassistent: R116

Grondslagfase-onderwysers mag slegs vir een graad aansluit.

VOORDELE VAN LIDMAATSKAP:

  • Toegang tot alle hulpbronne op die SOS se onderwysersportaal by onderwysers.co.za
  • Gratis bywoning van middagseminare (waarde – R301 per seminaar vir nie-lede)
  • Gratis aanlyn SARO-kursusse (waarde – R201 per kursus vir nie-lede)
  • Afslag by kongresse (sien Nasionale kongres – Gauteng en Streekskongres – Wes-Kaap)
  • Addisionele voordele vir die Skoleondersteuningsentrum-verteenwoordiger (SOSV): gratis lidmaatskap by een vakvereniging en afslag van R500 by die kongres.

Vir meer inligting, kontak vir Colette Scott by [email protected].

Sluit vandag aan by die AHV