Ander dokumente/hulpbronne

Beleid vir die heruitreiking van matrieksertifikate

Voorgestelde toelatingsbeleid vir gewone openbare skole

Die volgende bronne word ter ondersteuning van die SOS-webinaar met Albert Lamey beskikbaar gestel:

  1. Afriforum se kommentaar op voorgestelde Nasionale toelatingsbeleid vir skole
  2. Norme en standaarde vir taalbeleid (Juta p87 Afr.)
  3. Fedsas se kommentaar op Nasionale toelatingsbeleid met riglyne vir kapasiteitbepaling in skole
  4. Gautengse Regulasies vir Toelatings soos gewysig 2019
  5. Ministriële toelatingsbeleid: Admission Policy for Ordinary Public schools 1998 (Juta p243 Afr)
  6. Leierskapwebinaar - Toelatingsbeleid: Openbare skole (Adv. Albert Lamey)
  7. MaroelaMedia - Voorgestelde toelatingsbeleid: Hiér is wat skole moet weet

Konsepbeleid vir Robotika in skole

Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) is tans besig om kommenteer in te samel oor die konsepbeleid oor Robotika in skole. 


Die voorgestelde veranderinge aan die Kurrikulum en Assesseringsbeleidverklaring (KABV) om voorsiening te maak vir Kodering en Robotika in Graad R – 9, is op 19 Maart 2021 in die Staatskoerant (No. 44293), gepubliseer. Individue en organisasies het 30 kalenderdae vanaf publikasie (19 Maart 2021) om kommentaar op hierdie voorgestelde veranderinge te lewer.

Voorgestelde toelatingsbeleid vir gewone openbare skole

AfriForum en Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) beywer ons vir die groter outonomie van skole en staan groter inmenging deur en mag aan die staat ten sterkste teen. Dié organisasies wil dus alle skole ten sterkste aanmoedig om voor of op 12 Maart 2021 kommentaar teen die departement se voorgestelde beleid in te dien.


Ten einde die indiening van die kommentaar vir skole te vergemaklik, bied AfriForum en die SOS die volgende hulpbronne aan:

1. ’n Voorbeeldbrief om as kommentaar op die beleid te dien – skole kan hierdie kommentaar gebruik as riglyn en dit onder hul eie briefhoof aan die departement stuur. 

(Met dank aan MB Konsultante wat hierdie voorbeeldbrief opgestel het.)

2. Die voorgestelde toelatingsbeleid.

3. Afriforum se kommentaar oor die voorgestelde toelatingsbeleid vir gewone skole.

TIMSS 2019

IEA’s TIMSS 2019 is the seventh assessment cycle of TIMSS, the Trends in International Mathematics and Science Study. TIMSS 2019 was conducted at the fourth and eighth grades in 64 countries and 8 benchmarking systems. Inaugurated in 1995, TIMSS has been conducted every four years since, providing 24 years of trends in mathematics and science achievement.

Gesels met ons