AOV_Stempel_klein

Algemene Onderwys Vakvereniging (AOV)

Algemene Onderwys Vakvereniging vir alle ander vakgebiede vanaf Graad 4 – 12.

Voortgesette ontwikkeling en ondersteuning van onderwysers deur middel van professionele vakverenigings speel ’n belangrike rol in enige goeie onderwysstelsel.

Daarom nooi ons elke onderwyser, wat nie reeds betrokke is by een van die ander vakverenigings nie, om aan te sluit by die Algemene Onderwys-vakvereniging (AOV). Kortkursusse, eendagkursusse en twee- of driedagkongresse is deel van die dienste wat jy kan verwag van jou vakvereniging.

Hoof: Hugo Vermeulen

SOS-verenigings: Algemene inligting

Elke vereniging bied unieke voordele soos werkkaarte, toetse en eksamenvraestelle met nasienriglyne en word aan lede beskikbaar gestel deur die onderwysportaal (onderwysers.co.za). Sien die lys van SOS-lidmaatskapvoordele onderaan.

Koste van lidmaatskap aan verenigings:

  • Individuele lidmaatskap per onderwyser, per vereniging, per jaar: R264 vir 2021
  • Registrasies vir 2021 open Dinsdag 1 Desember 2020 op onderwysers.co.za

Lidmaatskap is slegs vir onderwysers verbonde aan ’n skool, tuisskoolouers, studente en onderwysassistente.

Studente en onderwys-assistente sluit aan teen afslagprys per vakvereniging:

  • Student/onderwysassistent: R132

Grondslagfase-onderwysers mag slegs vir een graad aansluit.

VOORDELE VAN LIDMAATSKAP:

  • Toegang tot alle hulpbronne op die SOS se onderwysersportaal by onderwysers.co.za
  • Gratis bywoning of afslag-bywoning van sommige seminare en webinare
  • Gratis aanlyn SARO-kursusse
  • Afslag by kongresse (sien Nasionale kongres – Gauteng en Streekskongres – Wes-Kaap)
  • Addisionele voordele vir die Skoleondersteuningsentrum-verteenwoordiger (SOSV): gratis lidmaatskap by een vakvereniging en afslag van R500 by die kongres

Vir meer inligting, kontak vir Colette Scott by [email protected].

Sluit vandag aan by die AOV