Podsending

SkoolSlim

SkoolSlim is die SOS se podsending waar ons gesels oor die sake wat skole, ouers en onderwysers werklik raak. In elke episode deel kenners, praktisyns en rolspelers uit die onderwyswêreld praktiese insigte, vars idees en bruikbare raad oor temas soos skoolgereedheid, kurrikulum, dissipline, tegnologie, skoolkultuur, leierskap en ouerbetrokkenheid.

SkoolSlim is vir almal wat omgee vir gehalte-onderwys en sterker skole – gesprekke wat jou help om slimmer te dink oor leer, opvoeding en die toekoms van ons kinders.