fbpx
  • Home
  • Beroepsvoorligtingkonferensie vir Graad 11’s en 12’s

Beroepsvoorligtingkonferensie vir Graad 11’s en 12’s

121672372 3498023390236647 628767642126680567 o

0 comments

26-29 Oktober 2020 | 09:00-11:30

Kom saam op ’n virtuele loopbaanreis na jou toekoms

Akademia weet dat die studierigtingkeuses wat jy vanaf Graad 9 maak, en in Graad 11 en 12 bevestig, ʼn groot besluit is en dat dit bepalende gevolge vir jou toekoms inhou. Na afloop van jou psigometriese toetse is jy dalk méér deurmekaar oor die keuses wat jy moet maak en onseker oor wat die voorgestelde kwalifikasies behels.

Daarom wil Akademia help met leiding en toeligting van wat sekere kwalifikasies behels, en jou ʼn kykie gee na hoe ʼn loopbaan kan lyk na afloop van studies by Akademia. Om blootstelling vanuit die praktyk te kry gee vir jou ʼn groot geleentheid om presies te sien wat die verskillende kwalifikasies behels.

Daarom bied Akademia vanjaar vir die eerste keer ʼn Beroepsvoorligtingkonferensie vir Graad 11’s en 12’s (en ander belangstellendes soos ma of pa) aan. In die volgende sessies gaan ons die verskillende kwalifikasies wat op Akademia se voltydse kampus aangebied word – en beroepsmoontlikhede wat daaruit spruit – van nader bekyk. Jy sal ook die geleentheid kry om vrae te vra.

As gevolg van Covid-19-uitdagings word die konferensie vanjaar aanlyn gehou. Vanaf 2021 sal daar vir jou die geleentheid gebied word om die konferensie op Akademia se kampus by te woon en so ook ʼn voorsmakie van studentwees te ervaar.

DIE BEROEPSVOORLIGTINGKONFERENSIE DEK HIERDIE KWALIFIKASIES

  • BA (Kommunikasie en Joernalistiek)
  • BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde)
  • BCom (Ekonomie en Regte)
  • BCom (Ondernemingsbestuur)
  • BSc (Wiskundige Wetenskappe)
  • BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)

DIE PROGRAM VIR DIE BEROEPSVOORLIGTINGKONFERENSIE

  • ʼn Oorsig van Akademia-kwalifikasies
  • Vrae en antwoorde
  • Praktykpersone gesels oor hul loopbaanreis
  • Vrae en antwoorde

HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE BEROEPSVOORLIGTINGKONFERENSIE?

  • Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die Beroepsvoorligtingkonferensie te verkry.
  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op ‘Bespreek’.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang. Die skakel na die aanbieding word nader aan die tyd elektronies aan die gastelys gestuur. Hou gerus jou e-posse dop.

Terwyl ons die visionêre leiers van die GRA uit 1875 eer, staan GeRAT vandag as ‘n simbool van daardie erfenis, waar ons passie vir Afrikaans en sy kultuur voortduur. Deur op hierdie geskiedenis te bou, aanvaar ons die plig om die hart van Afrikaans vir toekomstige generasies te bewaar en te versterk en, 145 jaar later, bly ons standvastig en toegewyd aan die taal en kultuur wat ons so liefhet.

Follow me


{"email":"Email address invalid","url":"Website address invalid","required":"Required field missing"}