fbpx

Opleiding vir wêreldklas-onderwysers

Besigheidstudies Eindeksamen – Voorkom 2018 se slagting

Talle skole het in Januarie by die Skoleondersteuningsentrum (SOS) gekla oor die onrealistiese uitslae vir die 2018 Besigheidstudies-eindeksamen. Vooraanstaande skole het skielik onverwagse druipelinge gehad en baie leerders het hul universiteitsvrystelling -en keuring verbeur.

Die SOS het ondersoek ingestel en intussen ’n reeks stappe gedoen om te verseker dat die 2019-eindeksamen nie op dieselfde ramp afstuur nie.

Ons nooi onderwysers in Besigheidstudies graag om ’n gratis-middagseminaar by te woon, waartydens ons die vordering sal bespreek wat sedert Januarie gemaak is met betrekking tot hierdie vak.

Daryl Franks, hoof van Oakridge College in Durban, deel leerpunte uit sy skool se stryd met die Departement van Basiese Onderwys en Umalusi, ná die 2018-matriekuitslae bekendgemaak is.

Hugo Vermeulen bespreek die uitkomste van die proses om probleme met die 2018 Besigheidstudie-eksamen aan te spreek en soortgelyke gebeure te voorkom in 2019.

Tzana Hemmens, ’n vakspesialis in Besigheidstudies, verwys na nasieners se vereistes, die gebruik van Mind the Gap en gee praktiese raad oor voorbereiding vir die komende eksamen

Tydens die seminaar sal die SOS boonop ’n gratis elektroniese kopie van Mind The Gap in Afrikaans aan elke onderwyser beskikbaar stel wat die seminaar bywoon. Die SOS het besluit om hierdie departementele hulpmiddel, wat slegs aan Engelse leerders uit onderpresterende skole beskikbaar was, te laat vertaal, nadat ons ondersoek gewys het dat groot dele van die 2018-vraestel net so uit Mind The Gap geneem is.

Datum: 11 September 2019

Waar: Akademia se ouditorium,  117 Gerhard St, Die Hoewes, Centurion.

Tyd: 14:00 – 16:30

Die seminaar is gratis maar onderwysers moet  asseblief hieronder registreer.

Registrasies vir Besigheidstudies

  • Naam en VanTelefoonnommerE-posadresIdentiteitsnommerSACE-nommer 

Indien u nie 'n lid is nie, maar wil aansluit, stuur 'n e-pos na Colette Scott by admin@skole.co.za