fbpx
  • Home
  • Bestuurspan speel kardinale rol in onderwysers se gemoed

Bestuurspan speel kardinale rol in onderwysers se gemoed

Moeilik

0 comments

Indien daar een veranderlike in die onderwys is waarsonder vooruitstrewende onderrig nie kan plaasvind nie, dan is dit die houding van die onderwyser. Navorsing oor die gemoedstoestand van onderwysers toon dat die bestuurspan van kardinale belang is in ’n gesonde werksomgewing.

Die navorsing is gedoen deur die Skoleondersteuningsentrum en bevat die insette van meer as 600 onderwysers. Volgens die navorsing kan die bestuur onderwysers op verskeie maniere ondersteun. Van die mees algemene maniere sluit in:

  1. Belê in die professionele ontwikkeling van personeel

Hoofde kan onderwysers ondersteun deur in hul professionele ontwikkeling te belê. Om die hoof se invloed op onderwysers se gemoed te bepaal, is daar gekyk na die hoof se houding teenoor die professionele ontwikkeling van sy personeel. In skole waar die hoof se houding negatief is ten opsigte van professionele ontwikkeling, is daar ’n duidelike afname in die gemoedstoestand van die onderwysers.

  1. Stuur onderwysers gereeld vir opleiding van GOEIE gehalte

Daar is ook ’n verband tussen die aantal opleidingsgeleenthede wat onderwysers bywoon en hul gemoedstoestand. Interessant genoeg het die gehalte van opleiding ’n groot invloed op die onderwyser se gemoed. Goeie opleiding verbeter onderwysers se gemoed, terwyl opleiding wat nie op pyl is nie, hulle moedeloos maak.

3. Kry betroubare departementshoofde

    Dit is nie net belangrik dat die hoof betroubaar is nie, maar ook dat die departementshoofde goeie ondersteuning vir personeel bied. Wanneer onderwysers voel dat hulle deurlopende ondersteuning van hul departementshoof kry, is hul gemoedstoestand meer positief as wanneer ondersteuning wisselvallig is. Ongelukkig is dit vir slegs 47% van onderwysers “altyd” moontlik om op hul departementshoofde staat te maak.

    About the Author

    Follow me


    {"email":"Email address invalid","url":"Website address invalid","required":"Required field missing"}