fbpx Skip to content

Laerskool Du Preez van Wyk kry ‘n nuwe hoof!

2019-09-06

Ses maande nadat die geliefde hoof Erhard Krüger afgetree het, het die Laerskool Du Preez van Wyk uiteindelik ‘n nuwe hoof wat bekwaam is om sy skoene te vul. Dit was maande se wag en wonder, maar Dupies is baie trots om aan te kondig dat mnr Gerhard Engelbrecht op 1 September die amp as…

Lees meer...

Ses wenke vir suksesvolle Fondsinsameling

2019-09-05

Die meeste skole landwyd verkeer onder geweldige finansiële druk weens ’n tekort aan regeringsubsidies en al meer ouers wat nie skoolfonds kan bekostig nie. Skole wat dit kan bekostig stel deesdae ’n voltydse fondswerwers/bemarkers aan om die nood te verlig. Nie alle skole het egter die luuksheid om sodanige persoon te bekostig nie en onderwysers of…

Lees meer...

Leerders en onderwysers opgewonde oor Die Wolkskool!

2019-09-03

Onderwysers en leerders wat reeds Wolkskool gebruik, kan nie uitgepraat raak daaroor nie! Wolkskool, ’n inisiatief van die Skoleondersteuningsentrum, is ’n digitale platform waar leerders aanlyn-videolesse kan kyk oor kurrikulum-inhoud. Die videos word aangebied deur van die land se top vakspesialiste. Leerders kan boonop hul kennis toets deur werkkaarte aanlyn te voltooi en oombliklike terugvoer…

Lees meer...

Sewe planne om die sewe maer jare te oorleef – Dr. Danie Brink gee raad.

2019-09-02

Alle aanduidings is daar dat ons in Suid-Afrika sewe maer jare in die gesig staar. Al voel dit soms of ons pas sewe maer jare oorleef het, vermoed ek nog sewe maerder jare is op pad. Ek glo dis moontlik om nie net hierdie maer jare te oorleef nie, maar om dalk selfs as gesinne…

Lees meer...

5 Kenmerke van ‘n emosioneel intelligente onderwyser

2019-08-28

Emosioneel-intelligente onderwysers het “gelukkige klaskamers” (1) Deur Marie Grabe van die Genootskap van Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT) Leerders leef in ’n tyd van verwarring! Negatiewe dinge gebeur elke dag om hulle óf met hulle … As ’n emosioneel-intelligente onderwyser moet jý die verwarring in jou Afrikaans Huistaal-klaskamer sover moontlik vir hulle “uit”-balanseer! Hoe lyk ’n…

Lees meer...

Pasop vir die (strik)das

2019-08-28

Deur Johan Koekemoer, Hoof van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers Die strikdas word deur die jare geassosieer met gesofistikeerdheid en intelligensie. Die strikdas het ontwikkel van die krawat, wat aanvanklik deur die room van die Franse adellikes gedra is. Dié rykes het dit om die beurt geërf by Kroasië, wat ’n tipe serp om die…

Lees meer...

Verbeter eerder voorskoolse onderrig as om druipelinge oor te plaas

2019-08-23

Voorgestelde wetgewing deur die Departement van Basiese Onderwys (DBO) wat sal verhoed dat leerders voor die ouderdom van 10 jaar druip, maak inbreuk op leerders se grondwetlike reg tot onderwys, en kan verreikende gevolge hê op latere vordering van leerders. Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, stel voor dat leerders nie in die grondslagfase (graad…

Lees meer...

7 Dinge om te oorweeg voor jy met robotika begin

2019-08-23

Deur Desiré Schabort Robotika, programmering, die Internet van Dinge (IoT) en wat dit alles vir ons kan beteken in die toekoms is gereeld in die nuus.  Maar meer nog, die belangrikheid daarvan om ons kinders daaraan bloot te stel en wat dit vir hul eie beroepe kan beteken, beroepe wat heel waarskynlik nog nie eers…

Lees meer...

Duur munisipale dienste knou gehalte-onderrig by Afrikaanse skole

2019-08-21

21 Augustus 2019 Navorsing wat die Skoleondersteuningsentrum (SOS) onderneem het, wys dat skole onder geweldige finansiële druk geplaas word weens die koste van water en elektrisiteit, wat jaarliks vinniger as inflasie styg. Hierdie druk het ’n direkte gevolg op die jaarlikse styging in skoolfonds. Weens astronomiese munisipale rekeninge, bestee skole ook minder geld aan noodsaaklike…

Lees meer...

Lesufi se uitsprake oor taalbeleid onwaar en misleidend

2019-08-20

20 Augustus 2019 Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is geskok oor Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, se foutiewe uitlatings tydens ’n onderhoud op Talk Radio 702 Vrydag, 16 Augustus. Tydens die onderhoud voer Lesufi aan dat alle skole se taalbeleid deur wetgewing nietig verklaar is en dat geen skool op hierdie tydstip oor ’n geldige taalbeleid…

Lees meer...

Moenie toelaat dat huidige ekonomiese en politieke realiteite jou toekomshoop laat ontspoor nie.

Sluit vandag aan by die Skoleondersteuningsentrum.