My kind gaan kleuterskool toe

Dis die begin ‘n nuwe fase en ‘n opwindende mylpaal in ‘n huishouding wanneer jou kleuter voorskool betree. Die onbekende kan egter oorweldigend wees vir beide die kleuter en die ouer.

Onderwysers, op die plek rus!

Liewe Meneer en Juffrou, jy is moeg. Ek verstaan. Jou voete sleep en jy was sommer jou hare in die oggend met droë sjampoe, want jy het nie die krag om nog nat hare te was én droog te blaas nie. Gepraat van jou hare. Dit lê plat op jou kop en elke dag is ook net nog  ʼn slegte haardag, want tot jou hare is moeg!

Akademia bied ʼn sentrumopedag by die Moot-sentrum in Pretoria aan

Akademia sluit sy opedaekalender vir die jaar af met ʼn sentrumopedag in die Moot, Pretoria, op Saterdag 11 November tussen 09:00 en 13:00. Dié opedag volg kort op die hakke van soortgelyke geleenthede in onderskeidelik Bloemfontein en George vroeër in Oktober. ʼn Geleentheid soos die sentrumopedag bied aan voornemende studente die ideale geleentheid om meer […]

Beskerm jou skool se bates

FORUM SEKURITEIT is ’n doeltreffende privaat sekuriteitsmaatskappy wat lank reeds betrokke is by die beveiliging van skole. Forum Sekuriteit fokus op sekuriteit, veiligheid en monitering. Ons doelwit is om toonaangewende, dinamiese en doeltreffende privaatsekuriteitsdienste in Suid-Afrika te voorsien en op dié wyse veiligheid in gemeenskappe te verbeter. Forum Sekuriteit bied die volgende dienste aan skole […]

Begroot vir die SOS – ons maak jou las ligter

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se verenigings bied vakgerigte ondersteuning en professionele ontwikkelingsgeleenthede. Soos julle weet bied ons 15 verenigings vir duisende onderwysers Het jy geweet Die Wolkskool het nou ook ‘n eksklusiewe spasie vir onderwysers? Lede van die SOS se 15 verenigings kry GRATIS toegang tot Die Wolkskool se 16 000+ video’s plus toegang tot […]

Kweek dissipline in jou huis

‘n Gedissiplineerde omgewing speel ‘n belangrike rol om kinders geborge te laat voel. Kinders leer deur grense te toets, maar wanneer hulle in ‘n omgewing is waar die grense nie duidelik is nie, voel kinders gou onveilig. Om dit te verhoed is dit nodig om kinders se gedrag reg te beïnvloed.

Hoe berei ons kleuters voor vir ’n nuwe wêreld?

Hoe berei ons ons kleuters voor vir ʼn vinnige veranderende wêreld wat vir ons as volwassenes moeilik is om aanvaar of selfs te begryp? Die verandering is onvermydelik, ongeag of ons saamstem of daarteen skop.

Hoe maak ek leer vir my kind lekker?

Die Kultuurtuiste in die Voortrekkermonument, FAK en Erfenisstigting wil vir jou kreatiewe oplossings bring om leer vir kinders lekker te maak. Vele navorsingstudies het bewys dat kinders die beste leer wanneer hulle speel of doen. Ons het verskillende opvoedkundige programme vir kleuters tot tieners om die pret in leer terug te sit.