Akademia bied ʼn sentrumopedag by die Moot-sentrum in Pretoria aan

Akademia sluit sy opedaekalender vir die jaar af met ʼn sentrumopedag in die Moot, Pretoria, op Saterdag 11 November tussen 09:00 en 13:00. Dié opedag volg kort op die hakke van soortgelyke geleenthede in onderskeidelik Bloemfontein en George vroeër in Oktober. ʼn Geleentheid soos die sentrumopedag bied aan voornemende studente die ideale geleentheid om meer […]

Skryf nou in vir die Denkvaardigheidstoets op 31 Oktober 2023

Op skoolvlak kan en moet kinders al begin leer om kritiese denke deel van hul daaglikse omgang met die kurrikulum te maak, soos om aannames te bevraagteken, vooroordele uit te daag en nuwe idees met ʼn rasionele en skeptiese ingesteldheid te benader.

Die SOS se Denkvaardigheidstoets

Na deeglike navorsing het die SOS die DVT vir kinders in grade 4, 5 en 6 met ʼn span kundiges en eksterne konsultante saamgestel. Die vrae is in verskillende redenasievorme opgestel sodat al die kinders hul  denkvaardighede kon toon sonder om deur taal- of numeriese vaardighede verhinder te word.

Weet: Jou beste maat in die klaskamer

As jy op soek is na ‘n hulpbron om jou onderwyslas ligter te maak, jou klasse op te kikker en jou leerders aan die lees te kry, is Weet die antwoord. Dié e-naslaangids vir leerders gee vir onderwysers en leerders goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, sodat leer weer lekker is!

Meer gemeenskap, minder staat in Afrikaanse skole

Vir die volhoubare voortbestaan van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap is uitnemende Afrikaanse skole ononderhandelbaar. In verskeie dorpe reg oor Suid-Afrika, is dit duidelik dat daar waar goeie skole ontbreek, die Afrikaanse gemeenskap kwyn.

Leesgeletterdheid bepalend vir mens- én nasiewees

Lees is die grondslag waarop individue hulle persoonlike en sosiale identiteite ontwikkel. Dít is wat hulle in staat stel om hulle omgewing te verstaan (Leesgids vir ʼn gestruktureerde leesstrategie, SOS/AON, bl 9). Om leesgeletterdheidsdoelwitte te bereik verg dus ’n strategiese, holistiese benadering deur sowel die formele onderwyssektor as ouers.

Vyf maniere om denkvaardighede in jou klas aan te wakker

As onderwysleiers is dit ons verantwoordelikheid om leerders nie met kennis toe te rus nie, maar ook wysheid wat deur die skep van doelgerigte leerervarings verkry word. Deur leerders met die nodige vaardighede te bemagtig, anker ons hulle nie net in hul gemeenskappe nie, maar bemagtig ons hulle ook om in die globale wêreld van werk mee te ding.

Goed begin is halfgewin

As ouer is dit maklik om in die strik te trap om te dink dat jou kind se bywoning in klas en die afneem van aantekeninge in klas genoeg is om akademiese sukses te waarborg. Jou kind is mos in die skool om te leer, so hoekom moet dit nog tuis ook plaasvind?

Die nuwe era vir Afrikaans in skole

Is daar nog ‘n toekoms vir Afrikaanse openbare skole? Ja, daar is ‘n toekoms vir sommige Afrikaanse openbare skole in sommige gemeenskappe wat met slim planne die druk van die staat kan weerstaan, maar in die meeste gemeenskappe loop die uurglas van Afrikaanse openbare skole teen ‘n snelle spoed leeg.