Skryf nou in vir die Denkvaardigheidstoets op 31 Oktober 2023

Op skoolvlak kan en moet kinders al begin leer om kritiese denke deel van hul daaglikse omgang met die kurrikulum te maak, soos om aannames te bevraagteken, vooroordele uit te daag en nuwe idees met ʼn rasionele en skeptiese ingesteldheid te benader.
Die SOS se Denkvaardigheidstoets

Na deeglike navorsing het die SOS die DVT vir kinders in grade 4, 5 en 6 met ʼn span kundiges en eksterne konsultante saamgestel. Die vrae is in verskillende redenasievorme opgestel sodat al die kinders hul denkvaardighede kon toon sonder om deur taal- of numeriese vaardighede verhinder te word.
Podvoeding S02E06: Probleemgebaseerde leer berei kinders voor vir die werklike wêreld

Gespreksleier: Johan Koekemoer Gespreksgenoot: Jhani Pottas Dosent in Opvoedkunde by Akademia ‘Probleemgebaseerde leer’ is ‘n onderrigmetodologie wat gewild is weens die doeltreffendheid daarvan om kritiese denke, samewerking en probleemoplossingsvaardighede by leerders te bevorder. Dit is daarom vreemd dat ons hierdie metodologie amper nooit in ons skole raakloop nie. In die jongste Podvoeding-episode ondersoek ons die […]
Podvoeding S02E05: Hoe lyk die onderwysvraagstuk van ons tyd?

Gespreksleier: Johan Koekemoer Gespreksgenoot: Dr. Dirk Hermann Bestuurshoof van die vakbond Solidariteit Onderwys is ‘n fundamentele deel van die menslike beskawing. Dit het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die vorming van die manier waarop ons leef, dink en interaksie met die wêreld rondom ons het. Nou staar die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ongekende uitdagings in die gesig, […]
Vyf maniere om denkvaardighede in jou klas aan te wakker

As onderwysleiers is dit ons verantwoordelikheid om leerders nie met kennis toe te rus nie, maar ook wysheid wat deur die skep van doelgerigte leerervarings verkry word. Deur leerders met die nodige vaardighede te bemagtig, anker ons hulle nie net in hul gemeenskappe nie, maar bemagtig ons hulle ook om in die globale wêreld van werk mee te ding.
Vyf maniere om Vasbyt te kweek

Johan Koekemoer Hoof van Onderrig en Leer: SOS Angela Duckworth het in 2016 ’n boek getitel “Grit: The Power of Passion and Perseverance” bekendgestel waarin sy Grit identifiseer as die sleutelfaktor tot langtermynsukses. Angela definieer Grit as ’n kombinasie van deursettingsvermoë en passie vir langtermyndoelwitte. Die definisie, vanuit ’n sielkundige oogpunt, het twee komponente: Ons […]
Vyf groot lesse uit die VSA

Die SOS werk saam met verskeie opvoedkundige instellings, insluitend die Universiteit van Arizona, om te verseker dat ons navorsing op gelyke voet met internasionale beste praktyke is. Ons het daarom besoek (‘n opvoedkundige ekspedisie onderneem) gaan aflê by ʼn klompie skole, met die doel om verskillende onderwysbenaderings wat in Suid-Afrika geïmplementeer kan word, in groter diepte te ondersoek.
Podvoeding S02E04: Die toekoms van die intermediêre fase

Gespreksleier: Johan Koekemoer Gespreksgenote: Elsabé Joubert en Leani Meintjies Meesteronderwysers by Laerskool Muldersdrif Elsabé Joubert en Leani Meintjies is meesteronderwysers wat die toekoms van onderwys reeds ʼn realiteit in hul klaskamers gemaak het. Hierdie twee geroepe opvoeders vertel jou van die suksesse van kringonderrig, Meesterkringe™, die omgekeerde klaskamer en leerervarings wat jou verbeelding sal aangryp. […]
Podvoeding S02E03: Goeie assessering is deel van ’n blink onderwystoekoms

Gespreksleier: Johan Koekemoer Gespreksgenoot: Hendrik de Kock Assesseringspesialis by die SOS Die woorde “assessering” en “toetse” word deesdae sommer oor dieselfde kam geskeer. Hendrik de Kock, die gasspreker vir hierdie episode, sal die Podvoeding-span se stem kry as die minister van assessering, sou daar ooit so ʼn pos geskep word. In dié episode gesels ons […]
Podvoeding S02E02: Is huiswerk nog sinvol vir leerders?

Gespreksleier: Johan Koekemoer Gespreksgenoot: Hildegard Brummer Wolkskool-dosent Die debat oor die waarde van huiswerk doen gereeld die rondte op onderwysgroepies op sosiale media. Om die braaivleisvuur hoor ons gereeld van ouers wat tot laat aand saam met kinders spook om huiswerktake betyds af te handel. In hierdie episode van die reeks Podvoeding, gesels ons met ’n […]