Wat is COVID-19?
COVID-19 ’n respiratoriese siekte soortgelyk aan griep – jy hoes, het koors, voel moeg en jou lyf en spiere pyn. COVID-19 kan egter baie ernstig raak en ernstige virale longontsteking veroorsaak (sukkel om asem te haal).
Vier uit vyf mense sal ’n ligte vorm van die siekte kry en gesond raak sonder behandeling. Ouer mense en mense wat ander siektes het, het egter ’n groter gevaar om ernstig siek te raak. Die siekte kom baie min onder kinders voor.
Hoe kan COVID-19 versprei?
Jy kan COVID-19 (Koronavirus) kry deur:
- Aan iets te raak wat besmet is, soos ’n oppervlak of ’n voorwerp. Die virus word dan oorgedra na jou liggaam wanneer jy aan jou neus, mond en/of oë raak.
- Baie naby (1 tot 2 meter) aan ’n persoon te staan wat reeds siek is.
Bly ingelig!
Voorsorg en kennis van die virus is van uiterste belang om te verhoed dat die virus verder versprei. Bly dus op hoogte van die nuutste inligting oor die virus.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (World Health Organisation in Geneva) is ‘n uitstekende bron hiervoor.
Vir die nuutste, betroubare statistieke:
https://gisanddata.maps.arcgis.com/apps/opsdashboard/index.html#/bda7594740fd40299423467b48e9ecf6
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) het ‘n volledige lys van gereelde vrae:
Lees meer: http://www.nicd.ac.za/diseases-a-z-index/covid-19/frequently-asked-questions/
Hoekom is daar geen rede tot paniek nie:
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/koronavirus-10-redes-om-nie-paniekerig-te-wees-nie/
Ander maniere om ingelig te bly:
Stuur ‘n WhatsApp na +27600123456 met die woord “Hi” of besoek https://wa.me/27600123456?text=hi om op hoogte gehou te word (SA Departement van Gesondheid).
Voorsorgmaatreëls wat almal kan volg:
Wat moet ek doen as ek dink ek het COVID-19?
- Moenie paniekerig raak nie.
- Bel eers die Openbare (NICD) Hulplyn by 0800 029 999 (24 uur per dag beskikbaar) en volg dan die raad wat jy kry.
- Bly by die huis, behalwe as jy volgens die hulplyn mediese hulp moet kry.
- Moenie werk of skool toe gaan nie en bly weg van plekke waar daar ander mense is. Moet eerder nie op busse, taxi’s of treine klim nie.
- Rus, sorg dat jy baie vloeistof drink en medikasie (soos parasetamol) gebruik vir jou koors en/of pyn.
- Bly eerder weg van mense wat siek is. Wanneer jy naby ander mense is, dra ’n masker as jy een kan kry.
- Moet eerder nie borde, glase, koppies, messe, vurke, lepels, handdoeke of beddegoed met ander deel nie. Was dit behoorlik nadat jy dit gebruik het.
Die belangrikste ding wat jy nou kan doen, is om te keer dat die siekte versprei sodat jy, jou familie en jou gemeenskap veilig kan bly.
0 comments