deur Nadia Shuttleworth
By Die Wolkskool word ons oorval met boodskappe van dank en ondersteuning. Dit is ongelooflik hoe mense uit hul pad gaan om dankie-sê-briewe te stuur oor die verskil wat Die Wolkskool in hul lewens maak. Ons kry talle bemoedigende woorde en dit dryf ons net meer om ‘n toekoms vir ons kinders te help skep deur vernuwende, goeie gehalte moedertaalonderrig.
Gemoedsrus tydens krisis
Tradisionele onderrigmetodes is tydens die koronakrisis grootliks ontwrig en ons skole moes skielik met oplossings vorendag kom.
Baie ouers het Die Wolkskool gebruik om hulle kinders in hierdie krisis by te staan en leerders getuig van inhoud wat ewe skielik verstaanbaar geword het. Die blote feit dat hulle weer en weer na ‘n video kon kyk sonder om die klas te ontwrig, het ‘n groot verskil gemaak. Onderwysers het weer Die Wolkskool beskryf as “nuut, vars en fantasties saamgestel!”
Een so ‘n ouer sê die platform het haar gemoedsrus gegee oor haar dogter se eindeksamen. Sy is vas oortuig dat Die Wolkskool se puik diens, leerinhoud en assesserings haar dogter sal help om die eindeksamen suksesvol af te lê.
“Dit is een van die beste hulpbronne vir matrieks. Die manier waarop Die Wolkskool se onderwysers klasgee en die moeite wat hulle doen met die voorbereiding is uitstekend”
– Cara Durie, Hoërskool Centurion se hoofdogter
Elke krisis bied nuwe geleenthede
Van die leerders het sommer die geleentheid gebruik en binne een maand deur die hele jaar se kurrikulum gewerk. Dit is leerlinge wat die nuwe moontlikhede van die nuwe wêreld raaksien, aangryp en bo die trop uitstyg.
Dit is ons beurt om dankie te sê
Ons hier by die Die Wolkskool is ongelooflik dankbaar vir die duisende woorde van ondersteuning. Sonder julle sou ons dit nooit kon doen nie! Dankie ook aan elke Afrikaanse onderwyser wat deur julle onbaatsugtige diens ‘n ongelooflike bydrae lewer tot die toekoms van SA, die wêreld en ons nageslagte.
“Dit is ongelooflik om te sien watse verskil ons in mense se lewens maak Die Wolkskool is vir my ‘n hulpbron van ontskatbare waarde. Die onderwyser kan makliker dieper leer fasaliteer.”
– Marisa Candiotes, Wolkskooldosent
Wie en wat is Die Wolkskool?
Die Wolkskool is ‘n wêreldklas onderwysplatform met KABV-gebaseerde leerinhoud wat skole help om leerders vir die toekoms toe te rus. Dié platform bied ondersteuning aan leerders deur middel van videolesse, werkkaarte, werkboeke en aanlyn assesserings.
Die Wolkskool is vir 2020 gratis met die hulp deur honderde donateurs en met die duisende dankies en ondersteuning wat ons van ouers, onderwysers leerders en ander belangstellendes. Dit is ‘n ware gemeenskapsprojek.
Die Wolkskool nou in ‘n hoër rat
Volgens Valentyn van der Merwe, Hoof van Innovasie by die SOS, het die druk, maar ook die ondersteuning van die gemeenskap Die Wolkskool in ’n baie hoër rat geplaas. Daar is kliphard daaraan gewerk om die stelsel te stabiliseer, nuwe vakinhoud te skep, navrae beantwoord, webinare en opleidingsgeleenthede vir onderwysers gehou om hulle vertroud te maak met tegnologie.
Uitstekende eksamenvoorbereiding op Die Wolkskool
Die nuutste toevoeging is voorbereidingseksamens wat nou op Die Wolkskool afgelê kan word. Wiskunde-onderwysers kan nou Die Wolkskool inspan sodat leerders voorberei kan word vir die SOS se rekord- en die skole se eindeksamens. Dié vraestelle is deur kundiges opgestel en die matriekeksamen is reeds (met ‘n memorandum) gratis beskikbaar onder die “inhoud” afdeling van die Wolkskool platform. Binnekort word Wiskunde-eksamens vir Graad 4 – 9 gelaai. Ouers kan dus rustig slaap terwyl hulle kinders werk aan hul lesse, eksamens en toekoms.
Sluit aan by Die Wolkskool en volg ons op Instagram of Facebook.
Terwyl ons die visionêre leiers van die GRA uit 1875 eer, staan GeRAT vandag as ‘n simbool van daardie erfenis, waar ons passie vir Afrikaans en sy kultuur voortduur. Deur op hierdie geskiedenis te bou, aanvaar ons die plig om die hart van Afrikaans vir toekomstige generasies te bewaar en te versterk en, 145 jaar later, bly ons standvastig en toegewyd aan die taal en kultuur wat ons so liefhet.