fbpx

Die Kopskuif in onderwys begin by ons onderwysers

Hendrik de Kock

SOS: Assesseringspesialis

Op Wêreldonderwyserdag salueer ons julle as ons land se onderwysers.

Onderwys bly een van die mees edele en lofwaardige beroepe wat daar is, maar onderwysers staar daagliks baie uitdagings in die gesig. Die afgelope paar jaar was vir seker geen uitsondering nie.

“Onderwys: Jy lag. Jy huil. Jy werk harder as wat jy ooit gedink het jy kan. Soms probeer jy die wêreld verander, en soms probeer jy regtig net om dit deur die dag te maak…Jou hart is vol. En jou gedagtes is gevul met herinneringe aan kinders wat jou lewe verander het. Net nog ‘n dag in die klaskamer.”

‘n Anonieme plasing op Facebook som ‘n dag in die lewe van ‘n onderwyser op.

Ons vier julle, want…

  • Julle het ons kinders veilig deur Covid-19 gedra en self staande gebly.
  • Julle én hulle het sterker anderkant uitgekom!
  • Julle staan sentraal in die onderwysherstelplan.
  • Tegnologies het julle oornag ‘n kopskuif gemaak – met onderskeiding!
  • Julle koester ons kinders elke dag.
  • Julle gebruik elke moontlike oomblik om hulle aan te moedig.
  • Julle help ons kinders om hulle drome lewendig te hou.
  • Julle help hulle om hulle potensiaal te verwesenlik.
  • Julle inspireer, begelei, onderrig, mentor en voed ons kinders elke dag op.

Namens die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en elke leerder en ouer in Suid-Afrika: Dankie dat julle ons kinders uit die hart uit lief het. Ons eer julle, ons salueer julle, baie, baie dankie!

Ons glo goeie onderwysers is hoopvolle onderwysers. Hulle boesem hoop in, bemoedig en daag leerders uit om met moed en geloof in hulself te handel. Goeie onderwysers help leerders nie net om te leer uit mislukkings nie, maar ook om hul suksesse met vreugde te vier.

Hoe kan ons help? Julle is die rede vir ons bestaan. Ons is daar om julle te ondersteun!

  • Wie is ons? Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS). Besoek skole.co.za/ vandag nog.
  • Sluit aan by ‘n SOS-vakvereniging – kry goeie, gehalte hulpbronne tesame met goeie, gehalte opleiding! Sien: skole.co.za/verenigings/
  • Moenie wonder nie, Wolkskool! Enige plek. Enige tyd. Sien: skole.co.za/wolkskool/
  • Maak gebruik van ons jaarlikse GSE (Gestandaardiseerde Eksamen) – ons wil julle hande ligter maak. Sien: skole.co.za/gse-agtergrond/

“Het iemand al ooit so dors by jou klas uitgestap dat hulle skaars kan wag om die volgende drankie vir hulself te skink?”

Howard Hendricks – “The seven laws of a Teacher”

Tags


Lees meer...