Die Markplein: Vier stappe om goeie eksamen-uitslae te help verseker!

Die Markplein: Vier stappe om goeie eksamen-uitslae te help verseker!

Hierdie tyd van die jaar is spanningsvol. Ouers en kinders maak gereed om as kluisenaars vir weke agter boeke te verkeer. Elke gesprek by die pilatus-klas, elke oproep aan vriende en familie gaan oor die voorbereidingsproses van ouers om te verseker hulle kinders het alles wat hulle nodig het. Ouers koop glimpenne, blokkiespapier vir breinkaarte, opsommings oor opsomming-strategieë en speel klassieke musiek geskryf in E-majeur. Dit alles sal tevergeefs wees indien ouer en kind nie die regte hulpbronne tot hul beskikking het nie. Met ál die boeke en Facebook-blaaie wat nou woes geadverteer word, kan ouers nie anders as om benoud te raaknie.

Benoudheid kan nóú danksy die Markplein gesmoor word. Die Markplein is ’n eenstop-aanlynwinkel waar jy as ouer met gerief die volgende kan koop (Tans net vir Graad 4- tot 12 Wiskunde leerders geldig):

  1. Eksamenvraestelle
  2. Formele assesserings
  3. Breinkaarte
  4. Oefeninge
  5. Werkkaarte
  6. Opsommings

Die Markplein het duisende hulpbronne wat deur Wiskunde-onderwysers opgestel is. Verhoog jou kind se waarskynlikheid om in die eksamen sy/haar potensiaal te bereik deur vandag nog dié hulpbronne aan te koop.

Hier is die stappe om hulpbronne in die gemak van jou eie huis af te laai:

  1. Teken in
  2. Soek ’n produk
  3. Voeg die gewenste hulpbronne in jou mandjie
  4. Betaal en laai jou hulpbronne af

Laastens, Onderwysers julle kan julle eie stalletjies op die markplein oopmaak. Só kan onderwysers ’n passiewe inkomste genereer.

Vir meer inligting kontak [email protected]

Moenie toelaat dat huidige ekonomiese en politieke realiteite jou toekomshoop laat ontspoor nie.

Sluit vandag aan by die Skole-ondersteuningsentrum.