Tien wenke vir matrieks se Wiskunde-eksamen

2018-10-23

Die eerste Wiskunde-eksamen is om die draai en baie matrikulante se broeke bewe by die gedagte daaraan. ’n Paar Wiskunde-onderwysers het raad gegee met tien handige wenke wat jou kan help voor en tydens die vraestel.

Die tien wenke

  1. Moenie die aand voor die eksamen nog leer nie. Leer die middag, ontspan dan en gaan slaap lekker vroeg.
  2. Jy moet jou tas die aand voor die tyd pak en seker maak jou sakrekenaar werk!
  3. Jy moet die ogeend van die eksamen lekker vroeg opstaan en ’n goeie, gebalanseerde ontbyt eet. Eet proteïene en vermy vetterige kos, dit maak jou moeg en lui.
  4. Moenie stres nie. Drink ‘n natuurlike kalmeermiddel soos Rescue voor die tyd as jy te veel stres. As jy genoeg geleer het en jy stres, vergeet jy. Maar as jy kalm bly dan onthou jy beter. Moet ook nie met jou maats praat oor die Wiskunde voor julle skryf nie.
  5. Jy moet water saamvat, dit verfris die brein. Sit, haal diep asem en sê ’n gebedjie op voor jy skryf.
  6. Jy moet elke vraag deeglik en versigtig lees.
  7. Moenie tyd mors op vrae wat jy nie kan beantwoord nie. Deel jou tyd eers in volgens die vrae en skryf op die vraestel hoe laat jy met watter vraag moet begin. As jou tyd vir die vraag verby is en jy sukkel nog, los ’n spasie oop en kom later na die vraag terug as daar tyd oor is.
  8. Jy moet afrond tot twee desimale oral waar nie anders aangedui is nie. Onthou ook om volgens die relevante meeteenheid te antwoord.
  9. Jy moet lyntjies ooplaat tussen vrae en probeer altyd jou antwoord onderstreep.
  10. Jy moet deur jou vraestel lees as jy klaar is om seker te maak jy het nie optel -of aftrekfoute gemaak nie.

Baie sterkte julle! Onthou, jare se harde werk moet nou afbetaal. Ons hou duim vas vir jou vraestel.

Gesels met ons