fbpx

Die VAW vier Pi-dag!

Pi is ’n universele Wiskunde-konstante, wat onder meer gebruik word om die omtrek van ’n sirkel te meet. Die afgeronde waarde van Pi is altyd 3,142 maar Pi se desimale is oneindig.

Ter viering van Pi-dag op 14 Maart, het die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) ’n kompetisie gehou om te kyk watter leerder die meeste desimale vir Pi kan oproep. Onderwysers moes leerders opneem en ’n video daarvan op Facebook plaas met die hutsmerk #Pidag, om in aanmerking te kom vir die prys.

Hier is van ons beste inskrywings:

Pidag 1

Sune Prinsloo van Goudveld Hoërskool in Welkom kon Pi tot by 103 desimale oproep!

Michael Kuswag

Michael Latsky van die Kuswag Skool in Amanzimtoti het ’n skitterende 150 desimale uit sy kop onthou! Michael sê hy het Pi se desimale in groepe van vyf verdeel om dit te memoriseer en drie dae geneem om al 150 te memoriseer. 

Pidag 3
oznor

Ekhard Rabie van Hoërskool Linden in Johannesburg kon 163 desimale onthou, die meeste van almal! Baie geluk Ekhard 😀


Tags

Pi, VAW, Wiskunde


Lees meer...