fbpx

Die Wolkskool bied weer gratis Gr. 12-slypskool

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) bied aan alle matrikulante die geleentheid om voor te berei vir hulle Voorbereidende Eksamen in September. Gedurende die Julie-eksamen kry leerders gewoonlik ʼn eerste noodsaaklike “eksamen inoefening”-geleentheid, maar met die vroeëre sluiting van skole in Junie het leerders in sommige gevalle dié geleentheid heeltemal misgeloop.

Die Wolkskool bied op 20 en 22 Julie 2021 regstreekse klasse in Wiskunde en Wetenskap aan en bou voort op verlede jaar se aanbod (wat op die tweede kwartaal se werk gefokus het). Vanjaar val die klem op inhoud wat gedurende die derde kwartaal behandel word. Lesse gaan interaktief aangebied word deur Lampies Lötter (Wiskunde) en Celeste Labuschagne (Fisiese Wetenskappe).

Rooster:
• Dinsdag 20 Julie – 09: 00 tot 10:30
Wiskunde: Kurwe passing + korrelasie
• Dinsdag 20 Julie – 11:00 tot 12:30
Fisiese Wetenskappe: Belangrike beginsels en teorie betrokke by serie- en parallelstroombane
• Donderdag 22 Julie – 09: 00 tot 10:30
Fisiese Wetenskappe: Gekombineerde serie- en parallelstroombane (probleme en oplossings)
• Donderdag 22 Julie – 11:00 tot 12:30
Wiskunde: Normale distribusie


Leerders wat wil deelneem aan die regstreekse klasse moet teen Maandag 19 Julie, 2021 op wolkskool.co.za registreer en daar op die webwerf by die betrokke “klaskamers” aansluit. Gebruik die onderstaande klaskamerkodes vir jou aansluiting.


Leerders wat reeds ‘n Wolkskool-profiel het, kan dan net by klasse gaan aansluit m.b.v. die klaskamerkode.
Leerders wat nuut aansluit sal vir 2 weke gratis toegang kry.
Klaskamerkode vir Wiskunde: wolkwisk12
Klaskamerkode vir Fisiese Wetenskappe: wetwolk2021

Leerders wat graag ander vakke wil hersien, kan gratis na die inhoud van verlede jaar se Gr. 12-slypskool-aanbiedinge gaan kyk by skole.co.za/gr-12-slypskool/. Hier is meer as 300 videolesse vir die voorbereiding van Wiskunde, Afrikaans Huistaal, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Engels (EAT), Besigheidstudies, Rekeningkunde en Wiskundige Geletterdheid.


Tags


Lees meer...