fbpx

Die Wolkskool bly gratis tot einde van 2020

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het die afgelope paar maande Suid-Afrikaanse onderwys op alle vlakke beskerm en ondersteun. Skole se regte om oop te maak is tot in die hof beveg, onderwysers is opgelei en Die Wolkskool het van krag tot krag gegaan.

Weens die druk op huishoudings en skole wat aangevuur is deur die Covid-19-pandemie, het die Solidariteit Beweging besluit om Die Wolkskool tot aan die einde van die jaar GRATIS beskikbaar te stel vir alle leerders en skole.

Volgens Valentyn van der Merwe, hoof van Innovasie by die SOS, is Die Wolkskool op pad om ʼn volwaardige verandering in Suid-Afrikaanse skole te bring met hulle nuwe funksionaliteit wat onderwysers in staat stel om met leerders te kommunikeer selfs wanneer hulle by die huis is. “Tesame met die bestaande inhoud van meer as 4 000 videolesse, skep Die Wolkskool ʼn uitstekende basis om vlakke van leer by leerders na nuwe hoogtes te neem. Daar is ʼn hele aantal onderwysers wat dit reeds doen. Ons nooi dus alle onderwysers om aan boord te kom en hierdie funksies te begin gebruik om hulle klaskamers te bestuur.”

Meer as 116 000 leerders baat reeds by die platform en ʼn verdere 1800 onderwysers het begin om hulle eie digitale klaskamer op die been te bring wat ook vir hulle GRATIS bly tot aan die einde 2020.

“Ons bied nou vir skole die geleentheid om Die Wolkskool gratis te gebruik en gewoond te raak aan die nuwe manier van skoolgee, sodat hulle volgende jaar van die begin van die jaar inspring met tegnologie en gebruike wat reeds deur baie lande suksesvol geïnkorporeer word.”

Daar word ook tans werk daarvan gemaak om die volgende vakke te ontwikkel en die vakke sal voortaan ʼn kwartaal vooruit gedoen word:

Laerskool:
  1. Afrikaans
  2. Engels
  3. Natuurwetenskappe
  4. Sosiale Wetenskappe
  5. Wiskunde
  6. Ekonomiese Bestuurswetenskappe
  7. Tegnologie
Hoërskool:
  1. Afrikaans Huistaal
  2. Engels Eerste Addisionele Taal
  3. Ekonomiese Bestuurswetenskappe
  4. Wiskunde
  5. Natuurwetenskap
  6. Tegnologie
  7. Sosiale Wetenskap
  8. Besigheidstudies
  9. Fisiese Wetenskap
  10. Ingenieursgrafika en Ontwerp
  11. Inligtingstegnologie
  12. Lewenswetenskap
  13. Rekenaartoepassingstegnologie
  14. Rekeningkunde
  15. Wiskunde
  16. Wiskundige Geletterdheid

Registreer vandag jou kind of leerlinge deur die volgende skakel te besoek waar onderwys van wêreldgehalte wag om jou kind se toekoms in die regte rigting te stuur – https://wolkskool.co.za/sluit-aan

Indien jy nie self kinders het wat van Die Wolkskool se dienste kan gebruik maak nie, maar jy wil hierdie onderwysinisiatief graag steun, kan jy dit doen deur ʼn bydrae te maak tot die Solidariteit Beweging se Krisisfonds. Dit is danksy die Krisisfonds dat Wolkskool se dienste gratis beskikbaar gestel kon word tydens die Covid-19-krisis. Besoek gerus die volgende skakel om ʼn bydrae te maak: https://corona.org.za/donasie

Terwyl ons die visionêre leiers van die GRA uit 1875 eer, staan GeRAT vandag as ‘n simbool van daardie erfenis, waar ons passie vir Afrikaans en sy kultuur voortduur. Deur op hierdie geskiedenis te bou, aanvaar ons die plig om die hart van Afrikaans vir toekomstige generasies te bewaar en te versterk en, 145 jaar later, bly ons standvastig en toegewyd aan die taal en kultuur wat ons so liefhet.


Tags


Lees meer...