Die Wolkskool – Gidse

Die omgekeerde klaskamermodel

Tegnologie maak oplossings in onderwys moontlik wat vroeër ondenkbaar was. Wanneer ʼn klaskamer omgekeer word, word die huiswerk in die klaskamer gedoen en die klaswerk by die huis. In hierdie gids verduidelik ons jou stap-vir-stap hoe en hoekom jy moet omkeer, die voordele van omkeer en alle aangeleenthede rondom die omgekeerde klaskamermodel.


Die optimale gebruik van Die Wolkskool vir ouers

Die Wolkskool wil help verseker dat elke kind 'n lewenslange leerder word deur digitale media optimaal aan te wend. Videos en aanlyn media gaan al hoe meer gebruik word om inhoud oor te dra en dit is ons verantwoordelikheid as ouers om seker te maak ons kinders kan dit suksesvol gebruik. Deur die blote gebruik van Die Wolkskool leer jou kinders reeds baie van die nodige vaardighede aan.

Ouerskap in die digitale era

Digitale tegnologie kan sinvol aangewend word om huiswerk, take en skoolwerk te vergemaklik, maar dit maak ook die deure van gevaar vir jou kind oop. Sonder die nodige kontrole, kennis en beheer van webtuiste, spelletjies en toepassings kan digitale tegnologie tot katastrofiese gevolge lei. In hierdie gids verduidelik ons die voordele en nadele van digitale tegnologie en gee handige wenke hoe om ‘n digitale-slim-ouer te wees en tegnologie funksioneel aan te wend.