fbpx

Ekxamin vlaters? Nee wat!

omr 3723132 640

Die jaar 2020 sal uitstaan as ʼn jaar vol nuwe uitdagings vir skole, ouers, leerders en onderwysers. Daar was ewe skielik nie net skoolwerk om op te vang nie, maar ook die uitdaging om dit met sukses aanlyn te doen.

Die jaar is amper verby, maar daar lê nog een groot uitdaging voor: Eksamens!

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum het ʼn hele paar maniere waarop ons kan help met hierdie laaste hekkie:

1. Die Wolkskool is steeds gratis tot einde 2020

Weens die druk op huishoudings en skole wat aangevuur is deur die Covid-19-pandemie, het die Solidariteit Beweging besluit om Die Wolkskool tot aan die einde van die jaar GRATIS beskikbaar te stel vir alle leerders en skole. Meer as 125 000 leerders baat reeds by die platform en  ʼn verdere 3 000 onderwysers gebruik Die Wolkskool as digitale platform om met leerders te kommunikeer, opdragte te laai en assesserings te doen.

Die Wolkskool ondersteun ook opvoeders om afstandleer saam met kontakonderrig aan die gang te hou. Tesame met die bestaande inhoud van meer as 5 000 videolesse, e-handleidings en assesserings, bied Die Wolkskool ʼn uitstekende platform om afstandonderrig te bestuur.

Loer in by Die Wolkskool: www.wolkskool.co.za

2. Gestandaardiseerde eksamens

Dit is belangrik vir skole om te weet waar hulle leerders hul bevind op akademiese gebied voordat hulle bevorder word na ’n volgende graad, asook waar leemtes bestaan wat aangespreek moet word. Met dié dat daar nie meer nasionale assesserings is nie, is daar nie meer ’n vergelykbare standaard waarop skole kan terugval nie.

Die SOS bied vanjaar vir die derde keer ‘n Wiskunde Gestandaardiseerde Eksamen (Graad 4 tot 11) vir skole en vir die eerste keer ook Afrikaans Huistaal (Graad 4 tot 11) en Wetenskap (Graad 6 & 9).

Wiskunde en Natuurwetenskappe-eksamens word vanjaar vertaal en sal dus in beide Afrikaans en Engels beskikbaar wees.

Lees meer: skole.co.za/gestandaardiseerde-eksamen/

3. Voorbereidende eksamens

Die Wolkskool het in samewerking met die VAW (Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers) ʼn produk bekendgestel waar alle leerders in Grade 4 – 9 aanlyn Wiskunde-vraestelle kan uitwerk om seker te maak hulle is gereed vir vanjaar se eindeksamens – om seker te maak hulle eindig sterk. Die vraestelle is beskikbaar op Die Wolkskool onder die opskrif: Toets jou kennis – 2020 Voorbereidingseksamen.

Lees meer: skole.co.za/eindig-sterk-in-2020/

4. Die Markplein

Die Markplein is ’n Afrikaanse internetplatform waar onderwysers produkte soos vraestelle en werkkaarte kan koop en verkoop. Dit bied ’n skatkis van produkte vir Afrikaans, Engels, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe. Leerders kan ook hier vraestelle met memorandums koop om voor te berei vir die eksamen.

Gaan loer hier: markplein.co.za

Terwyl ons die visionêre leiers van die GRA uit 1875 eer, staan GeRAT vandag as ‘n simbool van daardie erfenis, waar ons passie vir Afrikaans en sy kultuur voortduur. Deur op hierdie geskiedenis te bou, aanvaar ons die plig om die hart van Afrikaans vir toekomstige generasies te bewaar en te versterk en, 145 jaar later, bly ons standvastig en toegewyd aan die taal en kultuur wat ons so liefhet.


Tags

Die Wolkskool, Eksamens


Lees meer...