Emosionele gevolge van inperking

Deur Elize Thirion – Covid-19 Welstandsberader en Traumatoloog

Emma Thomas, hoof uitvoerende beampte van die organisasie Young Minds in die Verenigde Koninkryk, het na voltooing van ‘n ondersoek na die gemoedstoestand van kinders in die tyd van inperking, gesê dat die korona-pandemie ‘n menslike tragedie is wat nog lank die lewe van mense negatief sal beïnvloed.

In verskillende berigte in die media, het ons land ook gehoor en gesien hoe gesinne, veral kinders negatief geraak word deur die pandemie.  Daar is meer dikwels huismoles aangemeld.  Gesinne is sonder inkomste gelaat.  Werkplekke het in mekaar getuimel en mense werkloos gelaat. Mense is so weerloos gelaat dat hulle tekorte op alle gebiede beleef.  Te min kos, nie genoeg beskerming teen die koue nie en kinders is blootgestel aan mishandeling deur ouers, ook as gevolg van ouers se eie vrese oor hoe hulle die kinders sal versorg.

Kinders reageer intens op wat hulle beleef.  Mense praat voortdurend van die gevare van Covid-19, hoe gevaarlik dit is en dat ons oral blootgestel is daaraan.

Omdat kinders se breine nog nie ver genoeg ontwikkel is nie, kan hulle nie afstand skep tussen die gebeure en hulleself nie.  Kinders op die spektrum van outisme of verstandelik gestremde kinders het nog groter probleme hiermee.

Leerders aan die Laerskool Pierneef Foto: Verskaf

Kinders beleef verwerping en intense alleenheid.  Terwyl grootmense hulle beste belange op die hart dra, word dit gedryf deur vrees vir die onbekende gogga wat ons nie eers kan sien nie. Ouers se vrese maak nie vir kinders sin nie.

Verder mag ons skielik nie aan mekaar raak nie. Ons moet maskers dra.  Kinders praat en speel en dit is teen hulle hele natuur om ver weg te wees en agter ‘n lappie te praat en speel.

Die volgende is ‘n greep uit ‘n stuk wat ‘n onderwyseres geskryf het:

“I am a teacher at an independent school in Centurion. Our Grade 7 and 12 learners returned to school on Monday, 1st June. I teach Natural Sciences to grade 7’s and on Monday when I walked into the class the whole class was subdued and deathly silent.  Each learner had a mask on and they were seated behind their desk, spaced 2.5 m apart.  These were not the same learners I taught in term 1, or so it seemed.   And suddenly I realized that their sense of “freedom” has been taken away from them.  It was as if their whole faces had been “shackled”, no smile greeted me, muffled voices resonate in a deathly quiet classroom, the uncertainty of eyes peering over a mask broke my heart.  During break-time social distance is maintained while each learner enjoys his or her snack, in total silence… I never thought that a mask had the capacity to snatch freedom away from my learners… And only half of the original number was back at school.  * Teacher Anne

Kom ons begin radikaal anders dink oor die situasie in ons land en die hele wêreld.

Kom ons verander die terminologie en benadering:  Verander “lockdown” of inperking na iets positief.  Betrek die kinders om dit iets te noem waarvan hulle hou.  My veranderde woord is “afsondering”. Wat van selfbeskerming.  Daar moet goeie redes verskaf word vir die woord. Kinders behoort deel te neem aan die soektog na ‘n woord en redes vir die woord.  Dan kan hulle emosioneel inkoop daarop.

Benadering: almal word by tye siek.  Verkoue is aansteeklik.  Ek neem met respek vir ander, verantwoordelikheid vir my eie wintersiekte, deur my hande te was en soms ‘n masker te dra.

Vind kreatiewe maniere van speel met inagneming van sosiale afstand:  Vanoggend tydens die tuisskoolpouse, hou ek my kleinseun dop.  Hy kompeteer direk met sy skaduwee in die son.  Wat van karakters skep met hulle eie lyfies en skaduwee?

Was die hande, was die hande en was die hande!!  As dit die een ding is wat ons met ons saamneem die toekoms in, is dit om gereeld die hande te was en ander in ag te neem wanneer ons selfs net ‘n verkoue het.

Soms kry ‘n mens uit onverwagse oorde wonderlike inspirasie!  Hierdie TedTalk hou wonderlike inspirasie in vir ons almal.

Kom ons vier wat REG is in ons wêreld!  Vir elke gesin en elke kind sal dit iets anders wees.

CELEBRATE WHAT’S RIGHT WITH THE WORLD! | Dewitt Jones | TEDxSouthLakeTahoe

Bronne:

  • Orange Psychology. 
  • Google: Emotional Impact of Covid19 in South Africa.
  • Dit gee verskillende bronne hieroor.Netwerk24 het verskillende kenners se opinies gevra.

Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Moenie toelaat dat huidige ekonomiese en politieke realiteite jou toekomshoop laat ontspoor nie.

Sluit vandag aan by die Skole-ondersteuningsentrum.