deur Reint Dykema, Kennisbestuurder: Afriforum
Hoekom moet kinders skool toe gaan en kan hul nie net by die huis sit totdat die Covid-19 pandemie verby is nie? Die antwoord is kortweg dat as kinders leer en daar vind kennis oordrag plaas dan groei die ekonomie.
Indien skole weer sluit kan die situasie ontstaan dat dit veilig is vir taxi’s om 100% te laai maar dat klaskamers waar die korrekte Covid-19 protokols in plek is te gevaarlik is om by skool te hou.
Die afgelope Saterdag het Maroela Media ‘n paneelbespreking gehou met die tema: “Moet skole oopbly te midde van die Covid-19-pandemie?” Daar was meer as 160 000 kyke en meer as 1500 kommentare op die gesprek. Die intensiteit wys dat ouers diep besorg is oor hul kinders en die situasie by skole. Verder is die situasie kompleks. Nie net in Suid-Afrika nie, maar regoor die wêreld.
Die gesprek is gelei deur Elaine Krige en die paneellede was Melanie Buys, Werner Human en dr. Fiona Kritzinger. In die gesprek wys dr. Fiona Kritzinger dat kinders van tussen 0 tot 19 jaar oud ‘n 1 uit 75 000 (0,003%) kans het om van Covid-19 te sterf.
Dr. Chris Martenson wys daarop dat hou jonger die kind hoe veiliger is die kind teen Covid-19 om die siekte te kry of te sterf. Die data uit die VSA wys daar was tot op 11 Julie 31 sterftes in die ouderdomsgroep 0-14 jaar en 157 sterftes in ouderdom 16-24.
Dr. Michael Osterholm wys in die potgooi Reopening Schools dat in die VSA kan ouers in 3 kategorieë geplaas word rondom skole wat moet heropen. Daar is die ouers wat wil sien dat kinders moet teruggaan. Baie van die ouers moet ook weer begin werk. Dan is daardie ouers wat geen pad oopsien dat kinders moet teruggaan nie. Die laaste kategorieë is ouers wat besluiteloos is oor die kwessie en die voor en nadele deeglik opweeg.
Elke familie het sy eie unieke dinamika met ander gesinslede, ouers en grootouers wat deel is van die gesin. Besluite moet soms geneem word sodat ander gesinslede nie benadeel kan word soos grootouers wat Covid-19 kan kry.
In die skool situasie moet onderwysers ook geken word. Onderwysers ouer as 50 of wat onderliggende siekte toestande het drae groter risiko’s rondom Covid-19. Onderwysers wat Covid-19 kry, kry dit ook nie noodwendig by die skool nie, maar kan dit op ander plekke in die gemeenskap opdoen.
Tans is daar ‘n groot magstryd met verskillende rolspelers wat stry of skole moet sluit of nie. Angie Motshekga, minister van Basiese Onderwys, noem dat die besluit nou by die kabinet is of skole moet sluit of nie.
Die 5 onderwys vakbonde met SADTU aan die voorpunt is dit eens dat skole moet sluit tot die Covid-19 pandemie se piek verby is en dat griep ook ‘n probleem is in die winter. Die vakbonde betrokke is Sadtu, die SA Onderwysersunie (SAOU), Sadtu, Natu, PEU en Naptosa .Die vakbond Sadtu maak dit duidelik dat indien die vakbonde se versoek nie toegestaan word nie sal hul op ander maniere druk uitoefen dat skole moet sluit. In provinsies soos KZN en Limpopo is daar al klaar grade wat nie volgens skedule terugkeer nie.
Die Sadtu argument van griep in die winter is egter nie korrek nie, want die NICD wys in hul laaste WEEKLY RESPIRATORY PATHOGENS SURVEILLANCE REPORT daarop dat daar byna nog geen griep gevalle aangemeld is nie.
Die vakbond Solidariteit, AfriForum, die SOS, Fedsas en die MRK is groepe wat sterk daaroor voel dat skole moet oopbly.
Verlede Vrydag het die hof ook beveel dat die Departement van Basiese Onderwys sy voedingskema moet hervat waar die provinsies vir skoliere kos moet gee. Daar is sowat 9 miljoen leerders wat met die skema kos kry. By baie skole is sanitêre geriewe en ander infrastruktuur ook nie op peil nie. Hier het korrupsie ook ’n rol gespeel.
Toe die Covid-19 pandemie sy piek in die Wes-Kaap bereik het, is skole oopgemaak volgens nasionale riglyne. Die Wes-Kaap regering het daarop gewys dat daar nie wetenskaplike bewyse is dat onderwysers en leerders meer waarskynlik Covid-19 by skole gaan opdoen as wat hulle dit in die gemeenskap kan kry.
Die Daily Dispatch wys in die artikel: “One pupil at school, 136 stayed home”, dat slegs een Graad 11 leerder van die Waban Senior Sekondêre Skool in Ngqeleni in die Oos-Kaap Maandag vir skool opgedaag het met die heropening van die graad. Met ander skole in die provinsie was daar ‘’n gemengde terugkeer met ouers wat gereserveerd is oor die stap.
Die navorser Nic Spaull skryf in die artikel National lockdowns and national school closures are not the answer: “Nationwide school closures will be devastating, especially for children and women. By refusing to work, teachers are risking the lives of children and undermining other parts of society that rely on schools at this critical time.“
Spaull wys ook daarop dat indien skole nie suksesvol oopmaak nie kan die ekonomie nie suksesvol ook oopmaak nie. Daar is baie ouers in die gesondheidsbedryf wat hul kinders in skole moet sit.
In ‘n ander artikel skryf Spaull Six reasons why schools must be open if we are to fight Covid-19: “The question is not: ‘When is it safe to reopen schools?’ The question is: ‘Does the cost of closing schools outweigh the benefits?’ says the writer.”
Spaull maak die volgende samevatting: “Teacher unions are undermining our pandemic response. All other government officials as well as those in the private sector have gone back to work and implemented physical distancing, wearing masks etc. But somehow teachers are different? The evidence is showing that teachers are not at higher risk than others and yet they are being paid whether they work or not. By refusing to work, they are risking the lives of children and undermining other parts of society that rely on schools at this critical time. By forcing parents to choose between going to work and taking care of their children at home, they are weakening our ability to fight the pandemic.”
Die jongste modellering wys uit dat daar 18 173 sterftes op 1 November 2020 verwag kan word. Die reproduksie syfer (R) is tans 1,03. Tans is daar 381,798 gevalle in Suid-Afrika. Die gevalle kan 18,59 dae neem om te verdubbel.
Potgooi om te luister:
- CIDRAP: Dr. Michael Osterholm Episode 16: Reopening Schools Part 1
Video’s om te kyk:
- DW News: Are South Africa’s dilapidated schools a coronavirus breeding ground?
- Dr. Chris Martenson: What’s It Like To Have Covid-19? An Infected Doctor Speaks
Opgestel deur Reint Dykema, Kennisbestuurder: AfriForum
Volg nuusartikels deur die dag op Facebook by Covid 19 Bulletin South-Africa
0 comments