Gauteng toelatings

Ouers van voornemende graad 1- en graad 8-leerders kan van 08h00 op Vrydag 22 Julie aanlyn registreer by www.gdeadmissions.gov.za. Daar is ʼn 5-stap aansoekproses om te volg.

Aansoeke wat eerste ontvang word en aan al die kriteria voldoen, sal voorrang geniet bo dié van leerders wat later aansoek gedoen het.

Stuur ’n e-pos na [email protected] indien enige uitdagings ervaar word, sodat die SOS kan rekord hou van probleme wat ouers met aansoeke ondervind.

Laai die SOS se Gids vir skooltoelating hier onder af vir volledige stappe, vereistes en datums.

Gesels met ons