Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) is ‘n gemeenskapsnetwerk vir uitnemende Christelike Afrikaanse Onderwys vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap.
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) spog tans met 14 verenigings. Elke vereniging bied unieke voordele soos werkkaarte, toetse en eksamenvraestelle met nasienriglyne en word aan lede beskikbaar gestel deur Die Wolkskool.
Die Wolkskool is ’n wêreldklas aanlyn leerplatform met meer as 17 000 videolesse, werkkaarte en assesserings in 8 laerskool- en 16 hoërskoolvakke – in Afrikaans. Die Wolkskool maak van die nuutste tegnologie gebruik en is die ideale aanvulling om sukses in die skool te verseker!
Die Wolkskool se fokus is tans gemik op vervlegte leer en kan aanvullend tot die kurrikulum in skole wees. Ons is nie beskikbaar as 'n tuisonderrig instansie of aanlyn skool nie.