Gestandaardiseerde Eksamens

Die SOS bied vanjaar vir die derde keer 'n Wiskunde Gestandaardiseerde Eksamen vir skole en vir die eerste keer dek ons ook Afrikaans Huistaal en Wetenskap.

Voordele van die Gestandaardiseerde Eksamen:

  • Skole kan met gerustheid evalueer of die inhoud wat tydens grendelleer plaasgevind het werklik by die leerders vasgesteek het.
  • Nasionale standaard kan gebruik word om te bepaal of jou skool in lyn is met ander skole.
  • Die analises wat die SOS in ʼn verslag gaan bekendmaak, kan gebruik word om ruimtes vir verbetering te identifiseer.
  • Skole kan die eksamen gebruik vir promosiedoeleindes en sodoende nie nodig hê om eie eksamens op te stel nie.

Wiskunde en Natuurwetenskappe-eksamens word vanjaar vertaal en sal dus in beide Afrikaans en Engels beskikbaar wees. Die volgende tabel verskaf meer inligting rondom die vraestelle. Ons vra om die datums te voeg in julle roosterbeplanning.

Die volgende tabel toon die beskikbare gestandaardiseerde eksamens:

Wiskunde
Graad 4 tot 11

Afrikaans Huistaal
Graad 4 tot 11

Natuurwetenskap
Graad 6 & 9

2020-09-11 13_25_07-ROOSTER VIR GSE - NUUT - Protected View - Word

Die eksamen is gratis vir skole om te gebruik mits daar SOS-lede is by die skool. Indien ’n skool wil gebruik maak van die Afrikaans Huistaal eksamen moet daar GeRAT-lede by die skool wees, vir Natuurwetenskappe WETO-Lede en Wiskunde VAW-lede. Waar moontlik moet die getal lede by die skool ooreenstem met die getal grade wat gaan gebruik maak van die GSE. Skole sonder SOS-lede sal R1000.00 per graad betaal vir die vraestelle.

Om duplikasie te vermy, versoek ons dat die Akademiese hoof of die onderwysers verantwoordelik vir die akademie sal registreer vir die eksamen. Ons sal die persoon voortaan die Eksamenbeampte noem. Dus sal die Eksamenbeampte registreer vir al die vakke waar van toepassing. Die Eksamenbeampte sal ook onderteken om die vraestelle veilig te hou en te verseker dat die nodige kommunikasie die onderwysers bereik.

 

BELANGRIKE DATUMS:

1 September - Registrasies open

15 September - ZipGrade-opleiding indien onderwysers inkoop op meervoudigekeusevraestelle.

30 September - Eksamenraamwerke word gestuur waar van toepassing.

31 Oktober - Registrasies sluit

3 November - Eksamenbeampte opleiding via Zoom

Twee dae voor betrokke eksamen - Eksamenvraestel word aan eksamenbeampte gestuur sodat beampte kan druk

Middag van eksamen - Memorandums word gestuur. Analise dokumente word gestuur

10 Desember - Vraestelanalises word vanaf skool na die SOS gestuur.

 

Eksamenbeamptes klik hier om te registreer: https://forms.gle/2rkXeCXuUHoyhMpg6

Vir navrae kontak die volgende persone:

Wiskunde: [email protected]

Afrikaans Huistaal: [email protected]

Natuurwetenskappe: [email protected]