Groei vanjaar by Schoolscape IT

2021-08-17

Deur Charlotte Fourie

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) is opgewonde om ons vennootskap met Schoopscape IT in 2021 te begin.

“As an organisation Schoolscape wants to serve the education industry by providing events where schools can really learn from each other. To do this we want to be able to bring together schools from across the country with different cultures, language and experiences. We are therefore really excited to partner with the Skole Ondersteuningsentrm to connect and learn from their schools. They have an amazing network of value-based teachers and schools,” says Peter Morgan, CEO of Schoolscape.

Wat is Schoolscape IT en wanneer vind dit plaas?

Schoolscape IT is ‘n konferensie wat skole bekendstel aan tegnologie-oplossings wat onderrig en leer sal vergemaklik. Vanjaar vind dit aanlyn vanaf 17 tot 19 Augustus plaas.

Wie moet dit bywoon?

Onderwysers, onderwysstudente, skoolbestuurspanne, beheerliggaamslede en IT-besluitnemers in die onderwys.

Wat is die koste?

Bywoning is absoluut gratis en al wat jy moet opoffer is minstens 95 minute per dag wat jy bywoon. Ons weet hoe besig onderwysers is en daarom is die agenda só ontwerp om jou sinvol besig te hou.

Waarom is dit juis nou belangrik?

Dit is vir niemand nuus dat die pademie onderwys op sy kop gedraai het nie. Volgens die National Income Dynamics Study (NIDS) – Coronavirus Rapid Mobile Survey (CRAM) verslag van 8 Julie 2021, het 10% van Suid-Afrikaanse volwassenes aangedui dat minstens een kind in hul huishouding nie in 2021 teruggekeer het skool toe nie. Hierdie verslag skat ook dat meeeste laerskoolleerders in Suid-Afrika tussen Maart 2020 en Junie 2021 minstens 70% van ‘n volle jaar se leer gemis het.

Geslote skole en die verlies aan onderrig en leer het reeds ‘n drastiese impak op die toekoms van ons leerders en skole moet aanpas om hierdie gevolge te bestuur om verdere skade te verhoed. Skole moet ‘n digitale strategie ontwikkel en onderwysers moet die nodige blootstelling aan tegnologie kry wat leer sal bevorder sonder om die werkslas van onderwysers te vermeerder.

Hoe het jy betrokke geraak by Schoolscape IT?

Ek is van nature ‘n baie nuuskierige mens wat nooit graag nee sê om iets te leer en my netwerk te verbreed nie. As jong onderwyser was dit vir my lekker om elke nuwe geleentheid vir groei met twee hande aan te gryp. Ek het seker gemaak dat ek diensverskaffers op sosiale media volg en op hulle e-poslyste kom sodat ek altyd bewus is van nuwe geleenthede. Ek het in die verlede talle Schoopscape geleenthede bygewoon en digitale oplossings vir die klaskamer ondersoek en getoets. Toe die geleentheid kom om deel te word van die dinamiese span aanbieders, het ek nie gehuiwer om dit aan te gryp nie.

Waaroor gaan jou sessie handel?

Ek vorm deel van die reeks aanbieders van Woensdag se “If I can only imagine – DREAM tech” sessie om 15:00 – 16:30. Hierdie sessie gaan oor die nuutste, mees innoverende tegnologie wat onderwysers in hul klaskamers kan gebruik. Die eerste spreker sal wys hoe sy eenvoudige tegnologie in haar klaskamer gebruik om haar leerders aktief betrokke te hou. Daarna sal ek en ander aanbieders ‘n paar ongelooflike toepassings en oplossings demonstreer wat onderrig en leer maklik en lekker maak.

Besoek Die Wolkskool by Schoolscape IT en staan ‘n kans om groot te wen!

Daar gaan ‘n interaktiewe digitale stalletjie op die platform wees met Die Wolkskool se handelsmerk en naam. Kliek gerus daarop om ons beter te leer ken. Daarop sal jy ook kan inskryf om een van drie groot pryse te wen wat jou klaskamer op ‘n volgende vlak sal sit!

Vir meer inligting besoek gerus https://schoolscape.co.za/it/ en https://wolkskool.co.za/

Gesels met ons

>