fbpx

Groei!

deur Alida van Rooyen

SOSKongres2020FB1200x630 1
Dr. Gustav Gous sorg vir inspirasie, uitstekende aanbieders vir waardevolle insigte, Spoegwolf vir die musiek en Jan Braai wek die aptyt vir ‘n lekker kuier.

Min het ons geweet toe ons aan die begin van 2020 Groei as tema vir die kongres kies, dat hierdie sowaar die jaar van groei sal wees!   Groei het ons gegroei – woorde soos ZOOM en Teams het oornag van ons almal tegnologiese reuse gemaak en woorde soos omgekeerde klaskamer en vervlegte leer het huishoudelike name geword. 

By die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) is dit geensins anders nie, na talle suksesvolle opleidingswebinare tydens die grendeltyd word daar met groot opgewondenheid gereël aan die SOS se eerste virtuele kongres:  Groei:  kweek leerders van die toekoms. Dit vanaf ons eie kantore hier in Centurion.  Die gange gons behoorlik met kreatiewe idees van die beplanners en bemarkers.  Die administratiewe personeel staan reg vir die talle registrasies wat reeds begin instroom.  Die SOS-span sien selfs kans vir al die tegniese uitdagings wat gepaard gaan met ‘n virtuele kongres, asook die dreigende vlak 2 kragonderbrekings.

Die Groei-kongres beloof om al wat ‘n onderwyser is te inspireer en te help ontwikkel, of te wel – groei! 

Die voordeel van ‘n virtuele kongres is dat daar met gemak van internasionale sprekers soos dr. Gustav Gous gebruik gemaak kan word. Die twintig interaktiewe wegbreeksessies deur ons ervare onderwysspesialiste beloof ook om alle grense te verskuif.

SOS se eerste virtuele kongres gaan ook fisiese grense verskuif.  Dit maak nie saak waar jy jou bevind nie, jy het die geleentheid om die opleidingsgeleentheid by te woon, want SOS gaan digitaal!

Spoegwolf gaan sorg vir vermaak soos net hulle kan.

Ons sluit hierdie kongres op Erfenisdag af met ‘n virtuele braai en ‘n paar kosbare wenke saam met Suid-Afrika se eie Jan Braai! Die SOS nooi alle onderwysers hartlik uit, bespreek jou plek en kom Groei saam met ons!

Formbanier2

Terwyl ons die visionêre leiers van die GRA uit 1875 eer, staan GeRAT vandag as ‘n simbool van daardie erfenis, waar ons passie vir Afrikaans en sy kultuur voortduur. Deur op hierdie geskiedenis te bou, aanvaar ons die plig om die hart van Afrikaans vir toekomstige generasies te bewaar en te versterk en, 145 jaar later, bly ons standvastig en toegewyd aan die taal en kultuur wat ons so liefhet.


Tags

Dr. Gustav Gous, Kongres, SOS


Lees meer...