Die VAW het in November 2018 die eerste Gestandaardiseerde Wiskunde-eksamens vir Graad 4, 5 en 7 in leerders in 43 skole regoor die land geloods.
GSE 2019
In 2019 is die Gestandaardiseerde Wiskunde-eksamens uitgebrei om ook Graad 8 en 9 in te sluit en meer as
16 000 leerders het dié eksamens geskryf.
GSE 2020
In 2020 het die Genootskap van Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT) ’n Gestandaardiseerde Eksamen vir Afrikaans Huistaal (Graad 4 tot 11) bygevoeg en die Wetenskap-onderwysersvereniging (WETO) het ’n Natuurwetenskappe-eksamen vir Graad 6- en 9-leerders saamgestel.