fbpx

Hoe maak ek leer vir my kind lekker?

Om kinders te leer, is ’n kuns wat oor vele jare nog nie vervolmaak is nie.

Die Kultuurtuiste in die Voortrekkermonument, FAK en Erfenisstigting wil vir jou kreatiewe oplossings bring om leer vir kinders lekker te maak. Vele navorsingstudies het bewys dat kinders die beste leer wanneer hulle speel of doen. Ons het verskillende opvoedkundige programme vir kleuters tot tieners om die pret in leer terug te sit.

  1. Vir die avontuurlustige kind

Erfenispret

Erfenispret 1

Kry jou Erfenispretsak by Ontvangs en begin om die wawiele te versamel. Die doel van die speletjie is om die Voortrekkermonumentterrein te leer ken op ’n prettige manier.

Sportaanbod

Die Voortrekkermonument is besig om ’n lekker sportaanbod in samewerking met die Pioniersentrum te ontwikkel. Die planne vir jukskeibane is neergelê en daar word ook gereeld boeresport gespeel.

Pionierswerf-vakansieprogramme

Die Pioniersentrum bied elke vakansie heerlike programme aan om die jongspan leer-speel op te voed. Die kinders leer van broodbak, lappoppe en kleiosse maak tot krygsgevangekuns. Hou ons sosiale media en nuusbrief dop om die vakansieprogram te sien.

Pionierswerf 1
  1. Vir jou nuuskierige kind

Die Lewende Laer

Lewende Laer

Die Lewende Laer is ’n wonderlike geleentheid om te sien hoe die trekkerlewe binne ’n laer gelyk het. Sou ’n groep daarna verlang, is daar ook die geleentheid om in ’n ossewa te slaap!

Toer deur die Voortrekkermonument

Laat een van ons kliëntediensbeamptes die stories vir jou vertel. Ons spog graag met die nuwe, interaktiewe Vrijheidsreis-uitstalling en die KunDraMus-kunsuitstalling in die Senotaafsaal.

Die Trekroetetuin

Die Trekroetetuin is ’n prettige manier vir kinders om die spore van die trekkers te ontdek. Kom sien hoe ’n regte Zoeloehut gelyk het en kyk of jy die pad van jou gunstelingtrekleier kan volg.

Trekroetetuin

Die skaakaanbod

Jy kan nou skaak by die Voortrekkermonument speel! Bring ’n vriend en daag hom/haar uit om julle skaakmagte te meet.

Museumteater

Ons splinternuwe Museumteater by die Erfenissentrum is die eerste van sy soort in Afrika! Dit is beslis ’n ervaring wat jongmense op ’n vermaaklike wyse meer oor die geskiedenis sal leer.

Museumteater 1
  1. Vir jou leergierige, kunstige kind

Die Internasionale Afrikaans-Ekspo

Die FAK bied jaarliks vir skoolleerders die geleentheid om kreatief in hulle taal en kultuur te wees. Daar is 10 kategorieë waarin leerders kan inskryf. Skole staan ook ’n kans om ’n lekker prysgeldjie te wen.

Die Geskiedenisolimpiade

Die Geskiedenisolimpiade is nie net ’n lekker manier om geskiedenis te leer nie, maar ook ’n manier om op ’n kompeterende wyse jou kennis te toets.

  1. Vir die jongste kind

Die Liedjiebus

Die Liedjiebusprojek is ’n nuwe inisiatief van die FAK. Twee lappoppe sal jou skool kom besoek met lekker poppekasvertonings en saamsingliedjies in Afrikaans!

Om meer inligting oor enige van hierdie aktiwiteite te bekom, kan jy gerus ’n e-pos stuur aan [email protected]. Besoek gerus die www.fak.org.za of www.vtm.org.za vir meer inligting of hou ons sosiale media dop. Ons sien baie uit na die jongspan se volgende besoek aan die Kultuurtuiste!


Tags

Kultuurtuiste, SOS, Voortrekkermonument


Lees meer...