fbpx

Vakverenigings: Hoe sluit ek aan by 'n Raadsaal?

NEEM ASSEBLIEF KENNIS DAT VERENIGINGS NOU OP

DIE WOLKSKOOL-PLATFORM BESKIKBAAR IS.


Hier is ‘n paar kort videos wat jou stap-vir-stap sal verduidelik hoe die hele registrasieproses werk, hoe en waar jy nou moet inteken en hoe jy toegang tot die hulpbronne kan verkry:

  • Ek het reeds geregistreer en betaal vir die SOS-vakverenigings. Hoe skep ek 'n onderwysersprofiel?
  • Hoe sluit ek aan by 'n Raadsaal van my keuse? Kry jou unieke kode hier.
  • Hoe kry ek toegang tot die Raadsale se inhoud (vraestelle, werkkaarte, skyfiereekse ens.)?
  • Hoe kan ek my eie Raadsaal skep?
  • Hoe laai ek dokumente op my eie Raadsaal?
  • Hoe kry ek toegang tot Die Wolkskool se inhoud?
  • Hoe werk Die Vraagbank?

Hier is ook ‘n stap-vir-stap verduideliking van hoe jy toegang tot die Verenigings/Raadsale op Die Wolkskool kan verkry:

Stappe:

1. Besoek Die Wolkskool se webwerf by https://wolkskool.co.za/

2. Klik op Sluit aan.

3. Klik op die ‘Onderwyser’ opsie en vul die nodige inligting in.

4. Klik onder op ‘Skep Rekening’

5. Vul die nodige inligting in en klik onder op Stoor.

  • Belangrike wenk: As jou skoolnaam nie dadelik op die lys verskyn nie, tik dit in by die "Kies jou skool" veld om dit te vind

6. Kies ‘n Graad van jou keuse (Jy kan enige tyd tussen grade wissel)

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

  • Indien jy voorheen ’n profiel op Die Wolkskool geskep het, klik onder op "teken in" en gebruik jou vorige inteken besonderhede.Sodra jy ingeteken het, kan jy self jou profiel besonderhede opdateer onder die “My Profiel” afdeling*
  • Indien jou profiel 'n leerder-profiel is, laat weet ons asseblief per e-pos op [email protected] sodat ons jou profiel na 'n onderwyser-profiel kan verander
  • Neem asseblief kennis: Sodra jou profiel geskep is, het jy 'n 3-dae gratis toetsperiode op Wolkskool, wat outomaties intree.
  • Indien jou toetsperiode verval en jy sien ‘n “maak ’n betaling” skerm- ignoreer asb. die boodskap. (Jy sal steds toegang tot die Raadsale verkry)
  • Moet asseblief nie jou kaart op Wolkskool laai nie.


7. Om by Raadsale (Vakverenigings) aan te sluit en toegang tot ons 2023 verenigings en hulpbronne te verkry, klik op “My Raadsale” aan die linkerkant.

8. Kies dan ‘Sluit aan by ‘n raadsaal’.

(Raadsale is SLEGS vir onderwysers en geen leerder het toegang tot ’n raadsaal nie)

9. Die volgende skerm sal dan aan die regterkant opkom.

10. Raadsaalkodes word per e-pos aan jou gestuur vanaf admin. Indien jy reeds aangesluit het en nie 'n e-pos gekry het nie, gaan loer. asb in jou pes-pos (Spam) leêr. Ons eposse kan soms daar beland. Indien dit ook nie in jou pespos is nie, stuur asb. vir [email protected] 'n e-pos om die raadsaal kodes te bekom.



Gesels met ons