Hoekom moet jóú skool Wolkskool?

Die oorgrote meerderheid van Afrikaanse skole word met betroubaarheid en kwaliteit geassosieer. Jy wéét wat jy het en dat jy die verlangde eindbestemming sal bereik.  Nes die Volkswagen Beetle (Volla), is Afrikaanse skole dalk nie lig op brandstof nie en die instandhouding daarvan is dikwels moeilik, maar ’n mens kan verseker wees dat hy vir jare gaan hou.

Gelukkig is ons Afrikaners innoveerders  en die gesegdes “’n Boer maak ‘n plan” en “As daar ‘n wil is, is daar ‘n weg”, ons kos.

Wolkskool se missie en visie is om skole te help deur nuwe onderdele te installeer wat nie net die brandstofverbruik goedkoper kan maak nie, maar ook nuwe funksionaliteit bied.

As ‘n skool Die Wolkskool in hulle klaar betroubare onderwys-voertuig installeer, kry die passasiers nie net die kwaliteit en betroubaarheid wat hulle op kan staatmaak nie, maar ook al die nuwe funksionaliteite van ‘n moderne sportmotor. 

So wat kan die passasiers van ‘n Wolkskool-opgegradeerde voertuig verwag?

Eerstens is die dae van onbekostigbare ekstra klasse iets van die verlede. Alle leerders het toegang tot kwaliteit aanlyn ekstra klasse in Afrikaans. Die nuwe funksionaliteite skep meer tyd vir onderwysers om te fokus op die voorbereiding van nuwe lesse wat op voriges bou, dus is daar minder pap wiele en jy kan ook sien wie probeer het om die wiel reg te maak (onderwysers en ouers kan leerders se vordering monitor).  

Die skep van klaskamers op Die Wolkskool maak dit moontlik om boodskappe te stuur vir spesifieke leerders. Onderwysers kan ook opdragte skeduleer en leerders handig dit op die platform in. Die Wolkskool is ‘n LBS (leerbestuurstelsel) met inhoud en stel skole in staat om verskillende nuwe onderrigmetodes te gebruik, soos omgekeerde klaskamer, vervlegde leer of afstandleer. Net soos wat ‘n sportkar jou die vermoë gee om 240km/h te ry, beteken dit nie dat jy so vinnig móét ry nie, maar dit is gerusstellend om te weet jy kán, sou jy dit nodig kry.

Skole wat Die Wolkskool gebruik, ontvang ook gereeld opleiding om al die nuwe funksionaliteite ten volle te benut. Dit maak die skole, wat Die Wolkskool gebruik, nie net betroubaar nie, maar ook innoverend.

Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Moenie toelaat dat huidige ekonomiese en politieke realiteite jou toekomshoop laat ontspoor nie.

Sluit vandag aan by die Skole-ondersteuningsentrum.